HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 12 VAN 36

Om jou Liggaam te Versorg is Aanbidding

Deur Rick Warren

“En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen” (Romeine 12:1).

Vir enige verandering wat jy op enige terrein van jou lewe wil sien gebeur — in jou beroep, finansieel, opvoedkundig, verstandelik of in verhoudings — moet jy by die fisieke aspek begin.

Hoekom? Want jou liggaam beïnvloed jou gedrag. Jou spiere beïnvloed jou buie en jou motivering. Jou fisieke liggaam kan jou inderwaarheid sielkundig beïnvloed.

Romeine 12:1 sê: “En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”

Die probleem met 'n lewende offer, is dat dit kan kies om van die altaar af te klim. Ons doen dit gereeld. Ons offer onsself aan God en dan neem ons onsself weer terug. Dis nie 'n eenmalige offer nie. Jy moet dit vier, vyf, of selfs tien keer 'n dag doen! 

Wat is “jou wesenlike godsdiens" nou eintlik? Daar is drie dinge wat jy met jou liggaam kan doen wat die Bybel as jou wesenlike godsdiens beskou:

1. Reinig jou liggaam. Die Bybel sê in 2 Korintiërs 7:1 (AFR20): “Laat ons ons reinig van alle besoedeling van liggaam en gees, terwyl ons met diep ontsag vir God ons heiligheid verwesenlik.” Jy reinig jou liggaam deur te beheer wat jy in jou gedagtes toelaat, waarna jy kyk en luister, en in jou liggaam deur wat jy eet en drink.

2. Versorg jou liggaam. Efesiërs 5:29 (AFR20) sê: “Niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie; inteendeel, hy voed en koester dit, soos Christus sy kerk.” Wanneer jy jou liggaam goed versorg is dit 'n daad van aanbidding teenoor God.

3. Beheer jou liggaam. “Nie alles is vir jou goed nie. Selfs al sê jy ‘ek mag enigiets doen’, mag ek my nie deur enigiets laat verslaaf nie” (1 Korintiërs 6:12 NLV). Beheer jou liggaam sodat dit jou nie beheer nie. Daar is geen rede om te sê: “Ek kon myself nie keer nie!”

Dit maak nie saak watter soort verandering jy in jou lewe wil teweegbring nie, dit sal energie vereis. Om die nodige energie te hê om jou doelwitte te bereik, moet verandering eerstens in jou liggaam plaasvind.

Luister na die onderrig

 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com