HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 13 VAN 36

Trek die Ou Klere Uit en Trek Nuwe Klere Aan

Deur Rick Warren

"Soos ’n mens vuil klere uittrek, moet julle julle ou geaardheid uittrek, want dit is vol sonde en wil net verkeerde dinge doen ... Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink. Hierdie nuwe lewenstyl moet julle deel van julle lewe maak soos ’n mens nuwe klere aantrek" (Efesiërs 4:22b-24 NLV).

As jy blywende verandering in jou lewe wil ervaar, moet jy met jou liggaam begin, en dit sluit jou manier van dink in, sodat jy God kan vereer deur wat jy dink en dit wat jy in jou gedagtes toelaat.

Efesiërs 4:22b-24 (NLV) sê: “Soos ’n mens vuil klere uittrek, moet julle julle ou geaardheid uittrek ... Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink."

Let op dat daar iets is wat jy moet "uittrek" en iets wat jy moet "aantrek". Wat jou gesondheid betref, kom dit daarop neer dat jy moet ophou om sekere dinge te doen en ander dinge moet begin doen. Hou op om negatiewe, nadelige dinge in jou liggaam toe te laat en begin om dinge toe te laat wat jou opbou.

Hou op om negatiewe, nadelige dinge in jou gedagtes toe te laat en begin kyk en luister na dinge wat Jesus vereer en jou meer soos Hom maak. Om jou gedagtes te vernuwe moet jy eers van iets ontslae raak voor jy iets nuuts kan inlaat.

Kom ons veronderstel jy gaan na 'n klerewinkel om 'n nuwe jas te koop. Jy vind een en gaan na 'n aantrekhokkie toe. As jy alreeds 'n jas aanhet, gaan jy nie die nuwe een bo-oor die ou een aantrek nie. Dit sal laf wees, want jy gaan nie uitvind of dit pas nie! Dit maak sin om die ou jas uit te trek voordat jy die nuwe een aantrek.

Dis ook waar vir jou geestelike-, emosionele- en sielslewe. Jy moet die oue "uittrek" voor jy die nuwe kan "aantrek".

Luister na die onderrig

 

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com