HerskepVoorbeeld
Verandering vereis gemeenskap
Deur Rick Warren
“Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar” (Romeine 12:4-5).
Jy sal nie op jou eie al die veranderinge wat jy moet doen, wil doen, beplan om te doen of hoop om te doen, kan doen nie. As jy kon sou jy, maar jy kan nie, dus sal jy ook nie!
Die Bybel sê: “Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar” (Romeine 12:4-5).
God het die heelal op so 'n manier geskep dat ons mekaar nodig het. Ek het jou nodig en jy het my nodig. Die frase "mekaar" kom 58 keer in die Nuwe Testament voor: Wees lief vir mekaar, sorg vir mekaar, bemoedig mekaar, ondersteun mekaar, bid vir mekaar, groet mekaar, deel met mekaar. God het nooit bedoel dat jy alleen deur die lewe moet gaan nie. Jy is nie gemaak om op jou eie deur die lewe te gaan nie. Of jy ooit sou trou of nie, maak nie saak nie. Jy het 'n geestelike familie nodig en jy behoort in 'n klein- of selgroepie te wees.
Jy het mense om jou nodig en hulle het jou nodig. Ons behoort aan mekaar.
Daar is baie selfhelpboeke wat vir jou sal sê wat die regte ding is om te doen, maar hulle sal nie noodwendig praat van die twee dinge wat die Bybel sê jy nodig het nie: God se krag, en jou gemeenskap. Dis wat jy nodig het om regtig te verander. Verandering vereis gemeenskap.
By die Saddlebackkerk het ons mense van alle agtergronde. Ons praat 65 tale by ons kerke en het lidmate van verskillende gelowe en etniese agtergronde en nasionaliteite.
Wat ons egter in gemeen het is ons liefde vir God. Dit verenig ons en laat ons toe om mekaar te help.
Galasiërs 3:28 sê: “Nou is daar nie langer sprake van Jood of Griek, slaaf of vryman, man of vrou nie; julle is tog almal één in Christus Jesus” (NLV).
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More