HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 20 VAN 36

Hoe om Saam Met die Heilige Gees te Werk

Deur Rick Warren

“Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink” (Efesiërs 4:23 NLV).

Regdeur die Bybel sien ons hoe 'n belangrike waarheid herhaalde kere uitgebeeld word: Die Heilige Gees stel sy krag vry die oomblik wanneer jy 'n tree in die geloof gee.

Toe Josua voor 'n onoorkombare hindernis te staan gekom het, het die vloedwaters van die Jordaanrivier teruggetrek eers toe die leiers, in gehoorsaamheid en geloof, hul voete in die bruisende stroom gesit het. Gehoorsaamheid bring God se krag na vore.

God wag vir jou om eerste op te tree. Moenie wag totdat jy kragtig of selfversekerd voel nie. Gaan voort in jou swakheid en doen die regte ding, ten spyte van jou vrese en gevoelens. Dis hoe jy met die Heilige Gees saamwerk en dis hoe jou karakter ontwikkel.

Die Bybel vergelyk geestelike groei met 'n saad, 'n gebou en 'n kind wat grootword. Elke vergelyking vereis aktiewe deelname: sade moet geplant en verbou word, geboue moet steen vir steen gebou word — hulle verskyn nie uit die niet nie — en kinders moet eet, slaap en oefeninge doen om te groei.

Alhoewel inspanning niks met jou verlossing te doen het nie, het dit baie met jou geestelike groei te doen. Daar word ten minste sewe keer in die Nuwe Testament gepraat van "span julle in" wanneer daar verwys word na ons groeiproses om soos Jesus te word (Lukas 13:24; Romeine 14:19; Efesiërs 4:3; 2 Timoteus 2:15; Hebreërs 4:11; Hebreërs 12:14; 2 Petrus 3:14).

Jy sit nie net en wag dat dit gebeur nie.

In Efesiërs 4:22-24 verduidelik Paulus vir ons drie verantwoordelikhede om soos Christus te word.

Ons moet eerstens kies om van ons ou manier van dinge doen ontslae te raak. “Los julle ou manier van lewe. Soos ’n mens vuil klere uittrek, moet julle julle ou geaardheid uittrek!” (Efesiërs 4:22).

Tweedens moet ons die manier hoe ons dink verander. “Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink” (Efesiërs 4:23 NLV). Die Bybel sê ons word "verander” deur die vernuwing van ons denke (Romeine 12:2 AFR20).

Die Griekse woord vir "verander" is "metamorphosis" (soos dit in Romeine 12:2 en 2 Korintiërs 3:18 gebruik word) en word vandag gebruik om die wonderlike verandering te beskryf wat 'n larwe deurgaan om 'n skoenlapper te word. Dis 'n mooi beeld van wat geestelik met ons gebeur wanneer ons toelaat dat God ons gedagtes rig: ons word van binne-af na buite verander, ons word mooier en ons word vrygemaak om nuwe hoogtes te bereik.

Derdens moet ons Christus se karakter aanneem deur nuwe, godvrugtige gewoontes te ontwikkel. Jou karakter is in wese die somtotaal van jou gewoontes; dit is hoe jy gewoonlik optree. Die Bybel sê: "Trek die nuwe mens aan ... iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is” (Efesiërs 4:24 NLV).

Moenie sit en wag vir geestelike groei om plaas te vind nie. Wees gehoorsaam hierin sodat jy God se krag in jou lewe te weeg kan bring!

Luister na die onderrig

 

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com