HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 25 VAN 36

Om Behoorlik Lief te Hê Moet jy Geestelik Fiks Wees

Deur Rick Warren

“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles. Die liefde sal nooit vergaan nie” (1 Korintiërs 13:7-8a NLV).

Jy kan nie mense op dieselfde manier liefhê soos God jou liefhet sonder God se krag in jou lewe nie, want menslike liefde raak op.

As jy egter voel dat niks die moeite werd is nie, dat die lewe nodeloos of doelloos is, of jy blameer God vir jou probleme, is dit waarskuwingstekens van geestelike uitbranding. Jy kan nie behoorlik liefhê as jy geestelik uitgebrand is nie.

Die Bybel sê in 1 Timoteus 4:7 (NLV): “Bestee jou tyd en energie daaraan om jouself te oefen tot geestelike fiksheid.” Hoe bly jy geestelik fiks sodat jy mense kan liefhê? Deur gewoontes in jou lewe te kweek wat jou op 'n gereelde basis geestelik vernuwe.

Hier is drie gewoontes waarmee jy kan begin:

Daaglikse stiltetyd. “Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe” (2 Korintiërs 4:16 NLV). Ons liggame verouder, maar ons kan elke dag geestelik vernuwe word as ons tyd met God deurbring.

Ek weet nie wat jou beter sal help as om daagliks tyd saam met God deur te bring nie. Begin eers net met tien minute elke dag. Soek 'n plek waar jy alleen kan wees: jou kar, jou slaapkamer of sitkamer, jou agterplaas of selfs jou kantoor. Kies dan 'n boek van die Bybel en lees elke dag 'n hoofstuk. Lees dit, dink daaroor na en skryf miskien 'n paar gedagtes neer. Dis 'n gewoonte wat jou geestelik sal vernuwe.

Kleingroepies. 'n Christen sonder 'n kleingroepie is 'n weeskind. Jy het 'n kleingroepie nodig! Die Bybel sê: “Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor” (Hebreërs 3:13a NLV). Jy moet ten minste een keer 'n week saam met 'n kleingroepie vergader waar jy jou behoeftes en probleme kan deel, vir mekaar bid en vriendskappe bou.

Aanbidding. Lofprysing vernuwe jou en laat jou jonk voel. Dit bou jou op. Psalm 59:17 (NLV) sê: “Elke oggend as ek wakker word, is ek so bly dat ek juig. Want U bly getrou aan my. U het my opgepas toe ek in die nood was. U maak my sterk.” Jy het die emosionele ontlading en herlaai nodig wat jy kry as jy sing. Speel geestelike musiek en sing saam. Ervaar dan hoe God jou siel genees!

Luister na die onderrig

 

Dag 24Dag 26

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com