HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 30 VAN 36

Bybelse Gehoorsaamheid: Liefde + Vertroue + Dade

Deur Rick Warren

“As julle lief is vir My, dan sal julle doen wat Ek vir julle sê” (Johannes 14:15 ABA).

Ons almal ken die Kersverhaal. Het jy egter ooit stilgestaan en jouself in Josef se skoene geplaas? Hier is 'n man wat uitvind dat sy verloofde swanger is, en beweer 'n engel het haar besoek en gesê dat sy God se Seun verwag. En sy wou hê Josef moes haar glo!

Binne 'n oomblik het Josef se hele wêreld in duie gestort. Dit was nie hoe sy lewe veronderstel was om te verloop nie. Dit het glad nie sin gemaak nie.

Ken jy hierdie gevoel? Dalk het jou finansies ewe skielik skeef geloop óf jy het dalk jou werk verloor óf iemand in jou gesin ontwikkel 'n gesondheidsprobleem. Hoe gaan jy dit hanteer? Wat doen jy as dinge in jou lewe nie sin maak nie?

Josef het besluit om te doen wat God vir hom gesê het om te doen, en toe het alles verander. Hy het besluit om aan God gehoorsaam te wees, al het hy nie die gebeure verstaan nie.

Deesdae het die woord gehoorsaamheid 'n negatiewe betekenis. Ons sien gehoorsaamheid as 'n besluit wat op ons afgedwing word om iets te doen wat ons nie wil doen nie, omdat ons bang is vir die gevolge.

Dis egter nie die soort gehoorsaamheid waarvan ons in die Woord van God lees nie. Gehoorsaamheid in die Bybel beteken: liefde + vertroue + dade.

Dit begin met liefde, soos Jesus in Johannes 14:15 (ABA) gesê het: “As julle lief is vir My, dan sal julle doen wat Ek vir julle sê.” Gehoorsaamheid vloei uit 'n wete dat God jou liefhet en jy Hom liefhet.

Baie mense dink gehoorsaamheid en vrees gaan hand-aan-hand, maar God wil hê dat ons gehoorsaamheid aan Hom as 'n verhouding van liefde sal sien. Dan volg vertroue. As jy vertrou wat God vir jou sê en glo dat Hy jou liefhet, sal dit oorgaan in dade.

Jy het al drie nodig, want dade sonder liefde is net gewoonte-godsdiens. Liefde sonder dade is net praatjies.

Josef kon aanvaar wat Maria en die engel vir hom gesê het as gevolg van sy verhouding met God. Hy het geweet dat God hom liefhet en hy was lief vir God. Hy het God vertrou en die keuse gemaak om te doen wat God vir hom gevra het om te doen. As gevolg daarvan het Josef se lewe vandag nog steeds 'n invloed op baie mense se lewens.

Luister na die onderrig

 

Dag 29Dag 31

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com