HerskepVoorbeeld
Bekering: Hoe om Nie Alles aan die Noodlot Oor te Laat Nie
Deur Rick Warren
“Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe” (Romeine 12:2b).
Verbeel jou jy ry in 'n motorboot op 'n meer en die outomatiese koers is op oos gestel. As jy sou besluit om wes te vaar, het jy twee moontlike maniere om die boot se rigting te verander.
Die een is om die stuurwiel te gryp en dit met brute krag te dwing om in die teenoorgestelde rigting te gaan as waarnatoe die outomatiese koers geprogrammeer is. Met jou krag kan jy die stuur beheer, maar jy sal gedurig weerstand ervaar. Jou arms sal uiteindelik moeg raak en jy sal die stuur moet los en die boot sal onmiddellik weer oos draai, soos dit geprogrammeer was.
Dis wat gebeur as jy probeer om jou lewe met wilskrag te verander: Jy sê: "Ek gaan myself dwing om minder te eet ... ek sal meer oefen ... ek sal meer georganiseerd begin lewe ... ek sal ophou laat wees."
Ja, wilskrag kan korttermyn veranderinge meebring, maar dit skep ook gedurige interne spanning omdat jy nie die wortel van die kwaad hanteer het nie. Die verandering voel nie natuurlik nie, en op die ou end verloor jy moed en val terug in jou ou gewoontes.
Daar is 'n beter en makliker manier: Verander jou koers. Verander jou denke! Die Bybel sê: “Laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe” (Romeine 12:2b NLV).
Die Nuwe Testament verwys na hierdie verandering in denke as bekering, wat in Grieks letterlik beteken "om van gedagte te verander". Jy word bekeer wanneer jy die manier hoe jy dink verander, deur te begin dink soos God dink: oor jouself, oor sonde, ander mense, die lewe, jou toekoms en alle ander dinge. Jy kry dieselfde uitkyk en perspektief as Christus.
Luister na die onderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More