HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 28 VAN 36

Jy Kan Nie Geestelik Groei in Afsondering Nie

Deur Rick Warren

“Ons moet ook so vir mekaar sorg dat dit vir mense sal help om lief te wees vir ander mense en om goeie dinge vir hulle te doen. Ons moet hierdie dinge doen en ons moenie wegbly wanneer die gelowiges bymekaarkom nie, party mense bly baie maal weg. Nee, ons moet praat met mekaar en ons moet mekaar bemoedig. Julle kan sien dat die dag van die Here nader kom, daarom is dit baie belangriker dat ons hierdie dinge moet doen” (Hebreërs 10:24-25 ABA).

Sommige mense is huiwerig om 'n doelbewuste plan van ontwikkeling te volg, wat aanspreeklikheid of verhoudinge met ander insluit, want ons glo dat geestelike groei 'n persoonlike en privaat aangeleentheid is. Ons kies om te glo dat elke persoon op sy eie manier en op sy eie pas ontwikkel.

Dit is geensins waar nie. Die verafgod van individualisme het selfs die manier waarop ons oor geestelike groei dink, beïnvloed. Baie van die geestelike onderrig is self-gesentreerd, sonder enige verwysing na ons verhouding met ander Christene.

Dis heeltemal onbybels en neem glad nie die meeste van die Nuwe Testament nie in ag nie. Christene het verhoudinge nodig om te groei. Ons groei nie in afsondering van ander nie. Ons ontwikkel in die konteks van gemeenskap of samesyn.

Keer op keer vind ons hierdie basiese waarheid in die Nuwe Testament: Gelowiges het verhoudinge met mekaar nodig om te groei! Hebreërs 10:24-25 (ABA) sê: “Ons moet ook so vir mekaar sorg dat dit vir mense sal help om lief te wees vir ander mense en om goeie dinge vir hulle te doen. Ons moet hierdie dinge doen en ons moenie wegbly wanneer die gelowiges bymekaarkom nie, party mense bly baie maal weg. Nee, ons moet praat met mekaar en ons moet mekaar bemoedig. Julle kan sien dat die dag van die Here nader kom, daarom is dit baie belangriker dat ons hierdie dinge moet doen.”

God wil hê dat ons groei in familieverband plaasvind.

Luister na die onderrig

 

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com