HerskepVoorbeeld
Geestelike Groei Moet Doelbewus Plaasvind
Deur Rick Warren
“Julle moenie hoogmoedig wees voor God nie, julle moet Hom respekteer en dien. God wil julle red, en daarvoor moet julle aanhou werk, want dit is God wat in julle harte werk en wat julle lus maak om die dinge te doen wat Hy graag wil hê. Ja, Hy laat julle doen wat Hy wil hê” (Filippense 2:12b-13 ABA).
Toewyding is nodig vir 'n menslike siel om te groei. 'n Persoon moet wil groei, besluit om te groei en die moeite doen om te groei.
Geestelike groei begin met 'n besluit. Dit hoef nie 'n ingewikkelde besluit te wees nie, maar dit moet opreg wees. Toe Jesus se volgelinge besluit het om Hom te volg, het hulle nie al die gevolge van hulle besluit verstaan nie. Hulle het net 'n begeerte gehad om Hom te volg en dit was die begin van 'n opwindende sielereis. Jesus het daardie eenvoudige, maar opregte besluit as fondament gebruik om op te bou.
In Filippense 2:12b-13 (ABA) gee Paulus insig in geestelike groei as hy met mense praat wat reeds gelowiges is: “God wil julle red, en daarvoor moet julle aanhou werk, want dit is God wat in julle harte werk en wat julle lus maak om die dinge te doen wat Hy graag wil hê.”
Let daarop dat hy sê jy moet aan jou geestelike groei "werk". Daar is niks wat jy kan doen om jouself geestelik te red nie; Christus het daarvoor gesorg en met sy lewe, dood en opstanding betaal. Die belangrike ding om na op te let is dat God 'n aandeel in jou groei het — maar jy het ook 'n aandeel. Ons moet 'n doelbewuste poging aanwend om te groei.
Luister na die onderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More