HerskepVoorbeeld
Jy Het 'n Plan Nodig om Geestelik te Groei
Deur Rick Warren
“As ’n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het ’n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer! Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie” (Hebreërs 5:12 NLV).
Miljoene Christene het ouer geword sonder om groot te word; hulle tree op asof geestelike groei vanself plaasvind. Hulle het dalk 'n plan om vir hulle aftrede te spaar. Hulle mag dalk 'n plan hê om hulle kinders universiteit toe te stuur. Maar hulle het nie 'n strategie om hulle siele te verryk nie. Hulle laat die enkele belangrikste faset van die menslike bestaan aan die toeval oor!
'n Siel groei nie vanself tot volwassenheid nie, net so min soos 'n baba vanself volwassenheid bereik. Jy het 'n plan nodig vir voeding, oefening, opvoeding en basiese vaardighede, as jy wil hê jou kind moet gesond, sterk en volwasse word.
'n Baba wat alleen gelos word sal doodgaan. Dieselfde is waar vir jou siel. Ons wêreld is vol mense wat ouer geword het maar nog steeds babas is wat geestelike volwassenheid betref.
Geestelike groei vind nie outomaties plaas nie, selfs nie vir mense wat Christus in hulle harte het nie. Die skrywer van Hebreërs het ongelukkig die volgende opgemerk: “As ’n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het ’n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer! Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie. Mense wat nog van melk leef, kan nie werklik saampraat oor die suiwer leer nie. Hulle is dan nog maar net kinders. Vaste kos is bedoel vir grootmense – vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei” (Hebreërs 5:12-14 NLV).
Geestelike groei vind nie vanself plaas nie. Jy moet 'n plan hê!
Luister na die onderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More