HerskepVoorbeeld
Moenie Versuim om God te Gehoorsaam nie
Deur Tom Holladay
“Ek wil gou maak en sonder versuim u gebooie gehoorsaam” (Psalm 119:60 NLV).
Vandag se oordenking is deur Tom Holladay, 'n leraar by die Saddlebackkerk.
Hierdie week dink ons na oor gehoorsaamheid en hoe om dit uit te leef. Ons gaan na vyf dinge kyk wat Josef gedoen het wat wys dat hy aan God gehoorsaam was.
Toe die engel in 'n droom aan Josef verskyn, het hy gesê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees” (Matteus 1:20b NLV). Josef het toe so gemaak: “Toe Josef wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het. Hy het Maria as sy vrou by hom in die huis geneem” (Matteus 1:24 NLV). Hy het nie gehuiwer nie. Hy het dit net gedoen!
Van Josef se kant af is daar 'n wonderlike vertrouensverhouding met God. Toe God dit sê, het Josef dit gedoen.
As jy glo dat God jou liefhet en jy 'n lewe van gehoorsaamheid in antwoord op sy liefde wil lewe, is dit hoe jy moet reageer. Om in volkome gehoorsaamheid aan God te lewe is 'n soort lewe wat oorloop van opwinding en vreugde.
Ek het die geleentheid gehad om baie bekende manne en vroue van God regoor die wêreld te kon ontmoet. Hulle verskil almal van mekaar, maar het een ding in gemeen: Wanneer hulle waarneem dat God vir hulle sê om iets te doen, aarsel hulle nie. Hulle gaan doen dit.
In 1 Johannes 5:3 (NLV) sê die Bybel: “Die liefde vir God bestaan daaruit dat ons sy opdragte gehoorsaam, en sy opdragte is nie moeilik nie.” As iets wat God jou vra om te doen soos 'n las voel, wat is fout? Gewoonlik is dit weens uitstel. As ons nie dadelik reageer nie word dit al hoe moeiliker om te doen, hoe langer ons wag. As ons egter doen wat God vra, bring dit 'n verfrissende vryheid in ons lewens.
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More