HerskepVoorbeeld
Gehoorsaamheid is ongemaklik, maar dis 'n goeie ding
Deur Tom Holladay
“Ná die vertrek van die sterrekundiges verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: “Staan op en vlug met die Kindjie en sy ma na Egipte toe. Bly daar tot ek vir jou sê om terug te kom, want Herodes gaan die Kindjie probeer doodmaak.” Josef het toe opgestaan en nog daardie selfde nag met die Kindjie en sy ma na Egipte toe vertrek. En hulle het daar gebly tot Herodes se dood” (Matteus 2:13-15a NLV).
Josef en Maria moes baie dinge agterlaat as gevolg van hulle geloofsreis. Hulle het alle bekende dinge agtergelaat toe hulle Egipte toe gegaan het. Hulle moes hulle bekende lewe opoffer.
Dis dikwels ongemaklik om God te vertrou en sy plan te volg, omdat ons so gemaklik raak met die verkeerde dinge. Ons raak gemaklik met ons gewoontes en maniere van doen, die dinge wat ons laat bly waar ons is in plaas daarvan om te groei na 'n plek waar God ons wil hê.
As jy jou gesondheid aan God toevertrou, beteken dit dat jy sommige van jou gunsteling kosse sal moet prysgee. As jy jou finansies aan God toevertrou, sal dit heel waarskynlik beteken dat jy jou uitgawes sal moet inperk.
Dis ongemaklik om 'n gewoonte te breek. Dis ongemaklik om jou vrese te konfronteer. Dis ongemaklik om na die onbekende te gaan of om iemand te vergewe wat jou seergemaak het. Groei en verandering vind egter altyd plaas deur ongemaklike dinge te doen, en dis 'n goeie ding.
As ons egter nie daardie keuses maak nie, sal ons bly vasklou aan die bekende en gemaklike, maar so sal ons ook ons rug op God keer, wat die bron van ons vertroosting is.
Die Bybel sê: “Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus, die Vader van barmhartigheid en God van alle bemoediging!” (2 Korintiërs 1:3 AFR20).
Ek nooi jou uit om soos nog nooit tevore te erken dat God die God van alle vertroosting is. In daardie oomblikke wanneer jy na jou ou gewoontes wil terugkeer, daardie ou manier van dink wat jou laat ontspoor het, keer jou na God en sê: “Hemelse Vader, gee my u vertroosting.”
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More