HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 24 VAN 36

Jy Kan nie Behoorlik Liefhê as jy Uitgeput Is Nie

Deur Rick Warren

“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles” (1 Korintiërs 13:7 NLV).

Het dit al ooit vir jou gevoel of jy nie meer liefde het om te gee nie?

Liefde put 'n mens uit. Dis harde werk om behoorlik lief te hê. Die meeste mense begryp nie dat hulle liggaamlike toestand 'n sterk invloed op hulle verhoudinge en vermoë om lief te hê het nie.

Dit verg liggaamlike energie om na mense te luister en hulle behoeftes in ag te neem. Moes jy al ooit geïnteresseerd lyk terwyl jou kind vir jou iets vertel terwyl jy doodmoeg was? Jy luister nie omdat dit energie verg om te luister.

Wat gebeur met jou verhoudinge as jy uitgeput is? Geringe probleempies word groot probleme as jy moeg is. Jy is beduiweld, aanvallend en krities wanneer jou liggaam moeg is. Maandagoggende is ek gewoonlik uitgeput, dus weet my gesin dat ek ongeduldig is totdat ek my Maandag middagslapie gehad het, dan is ek weer my sensitiewe, besorgde self! Dis nie 'n geestelike probleem nie. Ek is net eenvoudig moeg!

Hoe kry jy weer jou liggaamlike energie terug? Die Bybel het 'n hele paar voorstelle:

Rus. “Tevergeefs werk julle so hard, van vroegoggend tot laatnag, soos julle swoeg om te bestaan. Maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap” (Psalm 127:2 NLV). Rus is so belangrik dat God dit by die tien gebooie gevoeg het: Jy moet elke sewende dag rus. As jy nie elke week 'n dag afvat nie, oortree jy een van sy gebooie.

Soms is die mees geestelike ding wat jy kan doen om te rus. Dis verbasend hoeveel beter dinge lyk na 'n goeie nagrus!

Gebalanseerde dieet. “Ú het my gemaak en Ú het my laat lewe, U moet vir my leer sodat ek u gebooie kan ken” (Psalm 119:73 ABA). Dis nie moeilik om te verstaan nie. Om eerder vrugte en groente te kies as lekkers en koek, sal vir ons meer volhoubare energie gee. Ons weet wat om te doen. Ons moet dit eenvoudig net doen.

Gereelde oefening. “Verheerlik God met julle liggaam” (1 Korintiërs 6:20b NLV). Ons liggame is gemaak om te beweeg. In Bybelse tye het mense nie oefening nodig gehad nie, want hulle het oral heen geloop en fisieke werk gedoen. Deesdae het jy egter net twee keuses, as gevolg van ons nie-aktiewe leefstyl, en dit is: wees uitgeput of wees fiks. As jy fiksheid kies moet jy gereeld oefeninge doen.

Luister na die onderrig

 

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com