HerskepVoorbeeld
Om Lief te Hê Moet jy Emosioneel Herlaai Word
Deur Rick Warren
“Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: 'Kom julle nou self eenkant toe na ’n stil plek en skep ’n bietjie asem'” (Markus 6:31 NLV).
Wanneer jou emosionele tenk leeg is, is jy nie in staat om ander mense lief te hê nie. Jy hou net op om mense lief te hê! Jy is oorweldig en voel onbekwaam. Jy is geneig om kwaad te word vir die mense vir wie jy die liefste is. Jy probeer om mense te vermy en jy sien hulle as probleme. Jy wens jy kan net van alles en almal wegkom. Dawid het so 'n probleem gehad. Hy het gesê: “As ek maar vlerke het soos ’n duif, dan sal ek wegvlieg en rus hê!” (Psalm 55:7 NLV - Afrikaanse teksverwysing verskil van Engels).
Om mense deurentyd te kan liefhê, moet jou emosionele tenk vol wees, want as dit amper leeg is gaan dit jou verhoudinge beïnvloed.
Die Bybel het drie voorstelle hoe om emosioneel herlaai te word:
Afsondering. Jy het tyd op jou eie nodig. Vandag se vers sê vir ons dat Jesus Homself dikwels van skares onttrek het as Hy emosioneel herlaai moes word. In hierdie geval was daar so baie gewoel, dat Jesus vir sy dissipels gesê het om "eenkant toe" te gaan vir 'n rukkie en asem te skep (Markus 6:31 NLV). Jy moet asem skep anders verloor jy jou asem. Jy het tye van afsondering nodig.
Ontspanning. Daar is sekere dinge wat energie en entoesiasme in jou lewe terugsit. Dit kan 'n stokperdjie, sport, handwerk of speletjie wees. Eksperimenteer en vind uit wat jou emosioneel laat herlaai en ruim dan tyd daarvoor in.
Hier is een van my gunsteling verse: “Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees" (Matteus 11:19 ABA). Jesus was die mees intense, bedienings-georiënteerde persoon wat geleef het, maar Hy het die lewe geniet. Wat jy ook al doen, wanneer jy aan ander mense gee kos dit jou iets en is uitputtend. Jy het 'n blaaskans nodig.
Vreugde. “Vreugde en geluk is goed vir jou gesondheid” (Spreuke 17:22 DB). Studies bewys dat jou getal T-selle vermeerder as jy lag, wat op sy beurt jou immuniteitsvlak verhoog en endorfiene in jou brein vrystel. Humor is voordelig!
God het ons die geskenk van lag gegee en ons moet leer hoe om te lag. Ek het met paartjies gepraat wat groot konflik in hulle huwelike ondervind het. Hulle sou sê: “Eendag sal ons terugkyk en hieroor lag.” Ek sou dan sê: “Hoekom wil julle wag? Hoekom lag julle nie nou al nie?” Lag verlig jou las, dit herlaai jou emosies en laat liefde weer blom.
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More