HerskepVoorbeeld
Om Soos Jesus te Word is 'n Lang Proses
Deur Rick Warren
“Saam sal ons die Seun van God beter leer ken en meer op Hom vertrou. Dan sal ons soos geestelike grootmense word, so volwasse in ons geestelike lewe soos Christus self” (Efesiërs 4:13 DB).
Om soos Christus te word is 'n lang, stadige groeiproses. Geestelike volwassenheid is nie oombliklik of outomaties nie; dis 'n geleidelike, progressiewe ontwikkeling wat die res van jou lewe gaan voortduur.
Paulus verwys na hierdie proses as hy sê: “Saam sal ons die Seun van God beter leer ken en meer op Hom vertrou. Dan sal ons soos geestelike grootmense word, so volwasse in ons geestelike lewe soos Christus self” (Efesiërs 4:13 DB).
Jy is onder konstruksie. Jou geestelike herskepping om die karakter van Jesus te ontwikkel, sal die res van jou lewe voortduur en selfs dan sal dit nie volledig hier op aarde geskied nie. Dit sal net voltooi word wanneer jy in die hemel kom of wanneer Jesus weer kom.
Teen daardie tyd sal enige onvoltooide werk aan jou karakter finaal plaasvind. Die Bybel sê dat wanneer ons Jesus uiteindelik volmaak sien, sal ons volmaak word soos Hy is: “Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk” (1 Johannes 3:2 NLV).
Baie verwarring in die Christelike lewe vind plaas wanneer die eenvoudige waarheid geïgnoreer word dat God meer daarin belangstel om ons karakters te bou as enige iets anders. Ons is bekommerd as God nie sekere probleme in ons lewe oplos nie, soos die vraag: “Watter loopbaan moet ek kies?”
Die waarheid is dat daar so 'n groot verskeidenheid van beroepe is wat in God se wil vir jou lewe kan wees. God gee meer om dat wat jy ook al doen, jy dit op 'n Christelike manier doen (1 Korintiërs 10:31; 1 Korintiërs 16:14; Kolossense 3:17, 23).
God stel meer belang in wie jy is as wat jy doen. Ons is aardse wesens, nie aardse gebeurtenisse nie. God is meer besorg oor jou karakter as jou loopbaan, want jou karakter gaan saam met jou die ewigheid in, nie jou loopbaan nie.
God se doel is dat ons soos Hy word voor Hy ons hemel toe neem. Dis ons grootste voorreg, ons onmiddellike verantwoordelikheid en ons uiteindelike bestemming.
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More