HerskepVoorbeeld
Geestelike Groei is Nie 'n Alleenpad Nie
Deur Rick Warren
“Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig” (Efesiërs 4:24 NLV).
Soos ek gister genoem het, is jou karakter die somtotaal van jou gewoontes; dis hoe jy gewoonlik optree. Die Bybel sê: “Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig” (Efesiërs 4:24 NLV).
God gebruik sy Woord, mense en omstandighede om ons te vorm. Al drie is onontbeerlik vir karakterontwikkeling. Die Woord van God bied die waarheid wat ons nodig het om te groei, God se mense bied die ondersteuning wat ons nodig het om te groei en omstandighede bied die omgewing om soos Christus op te tree.
As jy die Woord van God bestudeer en dit toepas, gereeld in kontak kom met ander gelowiges en leer om God in moeilike omstandighede te vertrou, waarborg ek jou dat jy meer soos Jesus sal word.
Baie mense neem aan dat hulle net Bybelstudie en gebed nodig het om geestelik te groei. Sommige lewensprobleme sal egter nooit net deur Bybelstudie en gebed verander nie. God gebruik mense. Hy verkies gewoonlik om deur mense te werk eerder as om wonderwerke te verrig, sodat ons op mekaar sal staatmaak vir samesyn. Hy wil hê dat ons saam moet groei.
In baie godsdienste word mense as baie geestelik volwasse en heilig beskou as hulle hulself afsonder van ander in bergtop kloosters, onaangeraak deur kontak met ander mense.
Dis egter 'n groot misverstand. Geestelike volwassenheid is nie iets wat jy op jou eie soek nie!
Jy kan nie meer soos Christus word as jy in afsondering leef nie. Jy moet jouself met ander mense omring en met hulle kontak hê. Jy moet deel uitmaak van 'n kerk en gemeenskap.
Hoekom? Want ware geestelike volwassenheid ontwikkel as jy leer om lief te hê soos Jesus. Jy kan nie leer om soos Jesus te word as jy nie in verhouding met ander mense is nie.
Onthou, dit gaan alles oor liefde — liefde vir God en ander.
Luister na die onderrig |
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More