HerskepVoorbeeld
God se Gees Werk in Jou
Deur Rick Warren
“Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer” (Filippense 2:13).
Dit is die Heilige Gees se werk om 'n Christelike karakter in jou te weeg te bring.
Die Bybel sê: “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word” (2 Korintiërs 3:18b). Hierdie proses waar ons verander word om al hoe meer soos Jesus te wees, word heiligmaking genoem.
Jy kan nie Jesus se karakter deur jou eie krag voortbring nie. Nuwejaarsvoornemens, wilskrag en die beste bedoelings is nie genoeg nie. Net die Heilige Gees het die krag om die veranderinge aan te bring wat God in ons lewens wil hê. Die Bybel sê: “Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer” (Filippense 2:13).
Wanneer jy van die “krag van die Heilige Gees” praat, dink baie mense aan wonderwerke en intense emosies. Meestal word die krag van die Heilige Gees op 'n stil, beskeie manier in jou lewe vrygestel, waarvan jy nie eens bewus is of dit aanvoel nie. Hy moedig ons dikwels aan met 'n "fluistering" (1 Konings 19:12b).
Ons word nie soos Christus deur Hom na te boots nie, maar wanneer Hy in ons woon. Ons laat toe dat Christus deur ons leef. “Die geheim is: Christus leef in julle” (Kolossense 1:27 NLV).
Hoe gebeur dit in ons lewens? Deur die keuses wat ons maak. Ons kies om in omstandighede die regte ding te doen en dan vertrou ons op die Gees van God om ons die krag, liefde, geloof en wysheid te gee om dit te doen. Aangesien die Gees van God in ons leef, is hierdie dinge altyd tot ons beskikking as ons daarvoor vra.
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More