HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 11 VAN 36

Moenie die Duiwel 'n Vastrapplek Gee nie

Deur Rick Warren

“Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ’n houvas gee nie” (Efesiërs 4:26b-27 NLV).

Wanneer jy die duiwel 'n vastrapplek in jou lewe gee, kry hy 'n houvas. Wat beteken dit? As jy die Satan een klein stukkie beheer van jou lewe gee, sal hy baie gou jou hele lewe oorneem. As jy hom 'n vastrapplek gee, verander hy dit in 'n houvas.

Kom ek verduidelik dit so: Op D-dag het die geallieerde magte op die strande van Normandië geland. Dis was uiters noodsaaklik dat hulle 'n strand-vesting oprig — dit is 'n plek op die strand wat hulle sou toelaat om meer manne en toerusting vir die geveg aan wal te kon bring. Van daardie klein vesting af was die geallieerde magte in staat om na die binneland te beweeg om Frankryk te bevry.

Die Satan probeer egter nie om jou te bevry nie. Hy wil 'n vastrapplek in jou lewe kry sodat hy al hoe meer beheer oor jou lewe kan kry. Wanneer hy eers 'n vastrapplek met 'n sekere sonde in jou lewe het, verander hy dit in 'n houvas, wat dit vir jou moeiliker maak om beheer oor jou lewe terug te kry.

Hoe kry die Satan 'n vastrapplek in jou lewe? In Efesiërs 4:27 is die voorbeeld woede, maar dit kan enige negatiewe emosie wees. As jy jou lewe met bekommernis vul, gee jy hom 'n vastrapplek in jou lewe. As jy jou lewe met wraak vul, het hy 'n vastrapplek in jou lewe gekry. As jy toelaat dat skuldgevoelens in skaamte verander, kry die Satan 'n vastrapplek in jou lewe.

Die apostel Paulus sê, die beste manier om negatiewe emosies te hanteer, is om dit dadelik te hanteer. Hy sê: “Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ’n houvas gee nie” (Efesiërs 4:26b-27 NLV). Besluit om dit dadelik te hanteer.

Anders sal die negatiewe emosie inslag in jou hart vind en die Satan 'n geleentheid gee om 'n vastrapplek in jou lewe te kry.

Luister na die onderrig

 

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com