HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 10 VAN 36

Jy Kan nie Alles op Jou Eie Verander nie

Deur Rick Warren

“Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam” (Efesiërs 4:25).

Blywende verandering vereis eerlikheid en opregte gemeenskap. Jy het mense in jou lewe nodig wat jou die waarheid in liefde sal vertel. Daar is sommige dinge in jou lewe wat jy nooit sonder die hulp van ander sal kan verander nie.

Jy is dalk so skaam oor sekere aangeleenthede in jou lewe dat jy met niemand daaroor sal praat nie. Hoe goed werk hierdie strategie egter vir jou uit? As jy jou lewe op jou eie kon verander, sou jy dit nie alreeds gedoen het nie? Jy kan nie!

Jy moet ophou om vir jouself 'n leuen te vertel. As jy wil verander gaan jy ander mense se hulp nodig hê. Jy moet in 'n intieme, opregte gemeenskap wees. Dis hoekom kleingroepies so belangrik is. Jy het egter meer as net 'n kleingroepie nodig. Jy het een persoon in daardie groep nodig met wie jy heeltemal eerlik en openhartig kan wees. Jy hoef nie met almal openhartig te wees nie, maar jy moet met iemand openhartig wees.

God het ons so geskep dat ons mekaar nodig het, en dit beteken dat ons nie op ons eie ontslae kan raak van slegte gewoontes en emosionele probleme nie. Jy kan dit nie alleen doen nie, want God het jou geskep om op ander se hulp staat te maak.

Die Bybel sê: “Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam” (Efesiërs 4:25). As jy 'n gelowige is behoort jy aan die liggaam van Christus. Jy behoort aan ander gelowiges. Jy is nie geskep om die Christelike lewe alleen te leef nie. Jy kan dit nie doen nie.

Indien jy ernstig daaroor is om die diepste, duistere tekortkominge in jou lewe te verander, moet jy nie bang wees om eerlik te wees nie. Ons verkwis baie energie om ons sondes, seerkry, emosionele probleme en tekortkominge weg te steek. As jy dieselfde hoeveelheid tyd gebruik om eerlik te wees oor dit wat nie in jou lewe reg is nie, as wat jy gebruik om dit weg te steek, sal jy baie meer energie hê om die regte dinge in jou lewe te doen.

Die grootste struikelblok om 'n heilige lewe te lei, is ons begeerte om goed te lyk. As ons eers oor daardie hekkie is, is ons vry van 'n groot hindernis wat in die pad staan tussen ons en waar God wil hê ons moet wees.

Wil jy 'n verandering in jou lewe maak? Wees openhartig met iemand en wees eerlik oor jou mislukkings.

Luister na die onderrig

 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com