HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 8 VAN 36

Om te Verander Hoe jy Optree, Verander Hoe jy Dink

Deur Rick Warren

“Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink” (Efesiërs 4:23 NLV).

Verandering vereis dat jy anders dink. Om te verander, moet ons die waarheid leer ken en begin om goeie keuses te maak, maar ons moet ook op 'n nuwe manier dink.

Die stryd met sonde begin in jou gedagtes, nie in jou gedrag nie. Die manier hoe jy dink, bepaal hoe jy voel en hoe jy voel bepaal die manier hoe jy optree. Indien jy jou optrede wil verander, moet jy begin om jou denke te verander. Daarbenewens, as jy die manier hoe jy voel wil verander, moet jy begin om die manier hoe jy dink te verander.

Jy kan byvoorbeeld sê: “Ek moet meer liefde teenoor my kinders betoon,” maar dit gaan nie werk nie. Jy kan nie jou pad oopveg na 'n gevoel toe nie. Jy moet die manier hoe jy oor jou kinders, man of vrou dink verander, en dan sal jou gevoelens en optrede verander. Die Bybel sê: “Julle moet ’n nuwe gesindheid kry en op ’n nuwe manier oor dinge dink” (Efesiërs 4:23 DB).

Kom ek som dit vir jou so op: Jy is nie wat jy dink jy is nie. Eerder, wat jy dink, dit is jy. Die stryd om daardie gebroke dele in jou lewe waarvan jy nie hou nie te hanteer, begin in jou gedagtes. Indien jy enigiets in jou gedrag of emosies wil verander, begin by jou gedagtes en gesindheid.

Die hernuwing van jou denke hou verband met die woord "bekering." Ek weet baie mense verstaan nie eintlik die woord nie. Hulle dink dis iets wat jy nie eintlik wil doen nie of iets wat pynlik is. Hulle dink dis 'n man wat op die straathoek staan met 'n plakkaat wat sê: "Bekeer jou! Die einde van die wêreld is naby!"

Bekering het niks met jou gedrag te doen nie. Dit beteken jy moet leer om anders te dink. "Bekeer" beteken eenvouding om 'n u-draai in jou gedagtes te maak. Dis iets wat met jou denke en nie jou gedrag te doen het nie. Wanneer jy op 'n ander manier begin dink, beïnvloed dit jou emosies en gedrag.

Wanneer ek my bekeer, draai ek weg van skuldgevoelens na vergifnis. Ek draai weg van die hel, na die hemel. Ek draai weg van doelloosheid na 'n doelgerigte lewe. Ek draai weg van frustrasie na vryheid. Ek draai weg van duisternis na die lig!

Dis die soort verandering wat ek nodig het om die res van my lewe te verander.

Luister na die onderrig

 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com