HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 6 VAN 36

Die Waarheid Sal Jou Vrymaak

Deur Rick Warren

“Julle het tog van Hom gehoor, en julle is oor Hom onderrig, volgens die waarheid wat in Jesus is, naamlik dat julle, wat julle vroeëre lewenswandel betref, die ou mens moet aflê, wat as gevolg van sy misleidende drange vergaan. Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word. Ja, trek die nuwe mens as kleed aan, wat in ware geregtigheid en heiligheid in ooreenstemming met God geskep is. Daarom, vermy die leuen, en praat elkeen die waarheid met sy naaste, want ons is lede van een liggaam” (Efesiërs 4:21-25 AFR20).

Die geheim van persoonlike verandering is nie wilskrag nie. Die geheim is om die waarheid te ken en die waarheid oor jouself, jou verhoudinge en jou geaardheid in die gesig te staar, indien jy enigiets in jou lewe wil verander.

Hoekom is dit nodig om die waarheid te leer ken voor enigiets in jou lewe kan verander? Want agter elke selfvernietigende gewoonte in jou lewe is 'n leuen waarin jy glo. As jy skuld het, is dit omdat jy sommige leuens glo, soos: "Ek kan geld uitgee en daarmee wegkom" of "Ek kan dit altyd later terugbetaal." Jy het jou dalk misgis oor hoeveel jy gaan verdien, of jy het die leuen geglo dat jy 'n groter huis nodig het.

Maar het jy dit nodig? Is jy seker dis die waarheid? Kan jy bewys lewer dat dit die waarheid is? Is jy absoluut seker dat wat jy glo jy oor jou finansies gesê het, die waarheid is? Wat omtrent jou verhoudinge? Wat van die dinge wat jy vir jouself oor jouself sê? Is die manier hoe jy oor die verlede of 'n sekere gebeurtenis dink, die waarheid of is die waarheid wat God daaroor sê?

Die Bybel leer ons dat persoonlike verandering met die waarheid begin. Dis die waarheid wat jou vrymaak! Die apostel Paulus sê: “Ja, julle het gehoor van Hom, julle het geleer van Hom, julle weet Jesus is self die waarheid” (Efesiërs 4:21 ABA). Wie is die waarheid? Jesus, en daarom sal Hy altyd die waarheid praat. Sy Woord is die waarheid. Die Bybel is sy Woord en dit beteken dat die Bybel die waarheid is (2 Timoteus 3:16-17).

Wat jy op TV sien of in boeke lees, gaan jou nie altyd help nie, want dis nie altyd die waarheid nie. Het jy dit al geleer? Wat God egter vir jou sê sal altyd die waarheid wees. Die Woord van God wys vir jou hoe om terug te keer na die lewe waarvoor jy geskep is en dit wys vir jou hoe om op God se pad te bly wandel.

Dis hoekom dit vir jou so belangrik is om elke dag 'n stiltetyd met die Woord van God te hê: om te verander moet jy die waarheid leer ken. Solank jy jou lewe op 'n fondament van leuens, wanopvattings, misleidings en halwe waarhede bou, sal jy nooit verander nie. As jy egter die waarheid in die gesig staar en daarop reageer, sal jy verandering in jou lewe begin sien.

Luister na die onderrig

 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com