HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 5 VAN 36

Wees Vol Selfvertroue Aan Wie jy Behoort

Deur Rick Warren

"Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: "Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê" (Johannes 8:12 AFR20).

Toe Jesus gesê het: "Ek is die lig vir die wêreld", het Hy homself gedefinieer. Hy het eintlik gesê: "Ek weet wie ek is." Jesus het ten minste 18 keer in die Bybel gesê: "Ek is ..." en dan 'n beskrywing gegee. Hy het Homself beskryf as die deur, die brood van die lewe, die weg, die waarheid, die opstanding en die lewe. Hy het Homself herhaalde kere gedefinieer. Jesus het geweet wie Hy was (en nog steeds is) en gevolglik was Hy nie onder druk nie.

Dis die beginsel van identiteit. Solank jy onseker is van jou identiteit, gaan jy onder druk wees om aan ander mense se verwagtinge te voldoen. Hulle sal jou manipuleer. Hulle gaan probeer om jou iemand te maak wat hulle dink jy behoort te wees, eerder as wie God jou geskep het om te wees.

Een van die hoofoorsake van spanning is wanneer jy probeer om iemand te wees wat jy nie is nie. As jy bang is iemand gaan uitvind wie jy werklik is en jy nie altyd 'n front kan voorhou nie, veroorsaak dit spanning.

Die enigste teenvoeter vir hierdie soort uiterlike druk, is om 'n innerlike bewustheid van tevredenheid te hê oor wie jy is en wie God jou geskep het om te wees. Jy ontdek wie jy is wanneer jy weet aan wie jy behoort.

Die Bybel sê dat God jou geskep het. Hy het jou innig lief. Jy word aanvaar soos jy is. Hy het 'n plan vir jou lewe. Totdat jy hierdie saak van jou identiteit uitgesorteer het, sal jy onseker wees en spanning ervaar. Jy kan nie ander mense dien voor jy nie hierdie saak uitgeklaar het nie.

Jesus het gedurig dinge gedoen wat almal verras het. Hy het Homself benede ander geag en hulle gedien. Nie een van die ander dissipels sou ooit daaraan gedink het om mekaar se voete in die bo-kamer te was nie, omdat hulle nog onseker van hulleself was. Jesus het egter altyd ander vanuit 'n posisie van krag bedien. Hy het geweet wie Hy is en aan wie Hy behoort. Dit het dus nie vir Hom saak gemaak dat Hy Homself verneder het om hulle te dien nie.

Diens is 'n uitvloeisel van 'n goeie selfbeeld. Totdat jy jou onsekerhede oorkom het en goed voel oor jouself, sal jy nie lus voel om enigiemand te help nie. Wees seker van wie jy is en aan wie jy behoort, sodat jy ander effektief kan dien.

Luister na die onderrig

 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com