HerskepVoorbeeld
Hoe die Kruis jou Waarde Bewys
Deur Rick Warren
“Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is” (1 Petrus 2:4 AFR20).
God sê dat jy nie net aanvaar is nie, maar ook waardevol is!
Hoeveel dink jy is jy werd? Ek praat nie van jou netto waarde nie, ek praat van jou eiewaarde. Moenie jou kosbare besittings verwar met die waarde wat jy as mens het nie. Jy kan ryk of arm wees, maar dit het niks te doen met jou waarde as 'n mens nie.
Daar is twee dinge wat jou waarde in die lewe bepaal:
1. Waarde is dit wat iemand bereid is om vir iets te betaal.
2. Waarde hang af van wie die item in die verlede besit het.
Wat is jou waarde, gebaseer op hierdie twee dinge? Vra jouself hierdie vraag: “Wie besit my?” en “Hoeveel is vir my betaal?” Die Bybel sê: “Net soos iets wat jy gekoop het joune is, net so het die Here julle gekoop en boonop nog baie duur betaal ook" (1 Korintiërs 7:23a DB).
Jy behoort aan God en Jesus het met sy lewe vir jou betaal. Die kruis bewys jou waarde.
Niemand het nog ooit 'n groter losprys betaal as wat God vir jou betaal het nie! Jy is aanvaarbaar, en jy is waardevol.
Petrus gebruik die beeld van 'n bouprojek om ons waarde te verduidelik. God is besig om 'n klipgebou te bou wat die kerk verteenwoordig en jy is een van die stene. “Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is" (1 Petrus 2:4a AFR20). Jesus is die lewende klip. Hy was perfek, maar sommige mense het Hom nog steeds verwerp. Sommige van julle dink dalk: “As ek net perfek kan wees sal ek aanvaar word.” Nee! As mens was Jesus volmaak, maar selfs Hy is nie deur almal aanvaar nie. Hy was egter deur God uitverkies as waardevol.
God is besig om sy kerk te bou, maar dit vind nie in tempels en kerkgeboue plaas nie. God woon in mense en jy is sy geestelike woning. Petrus sê dat jy 'n lewende steen is. Wanneer jy jou lewe vir Christus gee, word jy 'n bousteen in God se groot plan.
Luister na die onderrig |
Aangaande hierdie leesplan
Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.
More