HerskepVoorbeeld

Transformed

DAG 2 VAN 36

God Het Jou Alreeds Aanvaar

Deur Rick Warren

“Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig (1 Petrus 2:9 NLV).

Die meeste van ons wy ons hele lewe daaraan om aanvaar te word. Ons wil dit kry by ons ouers, portuurgroepe, gades, mense wat ons respekteer en selfs mense wat ons beny. Die begeerte om aanvaar te word motiveer ons om allerhande soorte dinge te doen. Dit kan jou kleredrag beïnvloed, die kar waarin jy ry, die huis wat jy koop, selfs jou beroepskeuse.

Stem jy saam dat mense die vreemdste dinge doen om aanvaar te word? As kind wou jy so graag aanvaar word in jou portuurgroep dat, as iemand vir jou sou sê: "Ek daag jou uit om dit te doen", jy iets laf sou doen. Jy sou dit doen omdat die begeerte om aanvaar te word die begeerte vir persoonlike veiligheid in jou lewe oorheers. Toe jy as kind aan 'n sport deelgeneem het, onthou jy hoe goed dit gevoel het as die kaptein jou vir die span gekies het? Onthou jy hoe sleg jy gevoel het as daar nog net twee of drie spelers oorgebly het en jy nog steeds nie gekies is nie?

Ons hou van die gevoel om aanvaar te word.

Dit doen wondere vir jou selfbeeld as jy gekies word. Die Bybel sê in 1 Petrus 2:9 (NLV): “Julle is 'n uitverkore volk.” Dit behoort jou selfbeeld 'n hupstoot te gee! Christus het jou aanvaar — nie gebaseer op jou prestasies of iets wat jy verwerf of verdien het nie. God sê eenvoudig: “Ek het jou gekies.”

Jy het Jesus dalk in jou lewe aanvaar, maar het jy besef dat Christus jou aanvaar het? Jy hoef dit nie te verdien nie; jy hoef jouself nie te bewys nie.

“Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem” (Psalm 27:10). Die feit bly staan dat sommige van julle ouers gehad het vir wie jy nooit kon tevrede stel nie. Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie, dit was nie goed genoeg nie. As jy 70% in 'n eksamen gekry het, wou hulle hê jy moes 80% gekry het. As jy 80% gekry het, wou hulle hê jy moes 90% gekry het. As jy vir 'n paar vakke 90% gekry het, wou hulle hê jy moes vir al jou vakke 90% gekry het.

Die tragedie is dat sommige van julle vandag nog probeer om julleself aan julle ouers te bewys. Julle probeer nog steeds hulle aanvaarding verdien, maar na alle waarskynlikheid gaan jy nie hulle aanvaarding kry as hulle dit nie tot nou toe vir jou gegee het nie, en dis egter hulle probleem. Hier is die goeie nuus: Jy het dit nie nodig om gelukkig te wees nie! Daar is ses miljard mense in die wêreld. As twee mense nie van jou hou nie, wat daarvan? Jy is as deel van God se familie aanvaar, God het jou aanvaar!

Luister na die onderrig

 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Transformed

Wil jy alles word wat God bedoel het jy moet wees? Jy kan, maar nie in jou eie krag nie. As jy elke nuwe jaar soos die meeste mense is, het jy probeer om positiewe veranderinge aan te bring en dan moed verloor en teruggeval op jou ou vernietigende gewoontes. Hier is nou goeie nuus: met God se hulp kan jy op elke terrein van jou lewe positiewe veranderinge aanbring en daarmee volhou. Laat toe dat pastoor Rick jou wys hoe jy die beloftes in die Woord van God kan ontsluit en sy instruksies volg wat jou lewe op sewe belangrike terreine van binne-af sal herskep.

More

Baie dankie aan pastoor Rick Warren van "Daily Hope" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: pastorrick.com