Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld
Lees Lukas 1:57-80
SOAP Lukas 1:68-71
“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. 'n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid. So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy helige profete: om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters.”
Oordenking
Johannes se geboorte het nogal 'n oproer veroorsaak. Sy vader was vir 'n paar maande lank stom en sy moeder was ver verby die ouderdom om 'n kind te baar. Al die bure en familie het gehoor dat God groot genade betoon het aan hierdie familie en hulle was saam met Elisabet en Sagaria verheug.
Sagaria het die wet en die woorde van die profete geken asook wat God vir sy mense gedoen het. Hy was 'n priester, een van net 'n paar mense wat in die Heilige (die binneruimte van die tempel waar God se teenwoordigheid was) kon ingaan. Hy was getrou en vroom, maar die oomblik toe die engel vir hom die nuus bring dat Elisabet 'n seun gaan hê, het hy toegelaat dat sy ongeloof die oorhand oor hom kry.
Dieselfde God wat die Messias en sy voorloper deur wonderbaarlike en hoogs onwaarskynlike swangerskappe in die wêreld ingebring het, het barmhartigheid en vergifnis aan Sagaria betoon. God was nie te besig om die wêreld te red om Sagaria se spraak te herstel nie. Sagaria het sy gehoorsaamheid en geloof in wat God besig was om te doen, bewys deur sy seun 'n naam te gee en God het genade aan hom betoon.
Sagaria is op daardie oomblik met lofprysing gevul. Hy het die ongelooflike heiligheid en goedheid van God verkondig en ook dat God se plan om sy volk te verlos besig was om voor sy oë te ontvou.
Totdat ons in die hemel is, sal ons nooit ten volle vry wees van smagtings, foute, skande of ongeloof nie. Maar wat ons so pragtig in Sagaria en Elisabet se lewens sien, is die manier hoe God nie net al hierdie dinge vergewe nie, maar dit ook tot sy glorie gebruik. Die gemeenskap rondom Sagaria en Elisabet het geweet dat hulle nie 'n kind kon hê nie en hulle het geweet dat Sagaria vir sy ongeloof gestraf is. Toe hulle God se barmhartigheid teenoor hierdie familie sien, was hulle almal verheug.
God het ongetwyfeld vir Sagaria en Elisabet in hul jare van pyn en smagting raakgesien. Hy was hulle genadig ten spyte van hulle foute en het hulle al twee gebruik om hulle gemeenskap te bemoedig en sy naam te verhef. Hy is vandag dieselfde God. Wat is Hy besig om in jou lewe te herstel, selfs in jou smagting en kortstondige ongeloof?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans