Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

DAG 4 VAN 43

Lees Lukas 1:26-56

SOAP Lukas 1:46-49

En Maria het gesê: "Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam!”

Oordenking

Lukas het voortgegaan om te wys hoe God sy groot verlossingsplan bewerkstellig het deur die aankondiging van die geboorte van Jesus, die beloofde Messias, te beskryf. God het nie iemand met krag en status gekies om die moeder van Jesus te wees nie, maar eerder 'n getroue jong meisie. Ons weet nie baie oor Maria se omstandighede nie, net dat sy verloof was. Dit het beteken dat sy heel moontlik omtrent dertien jaar oud was en haar familie onderhandel het dat sy met 'n man met die naam Josef sou trou.

Maria het swanger geword deur die Heilige Gees. Maria was 'n maagd en was nog nie met Josef getroud nie. Om swanger en ongetroud te wees het volgens die Joodse wet beteken dat sy gestenig sou word. Maar Maria het geweet dat haar kind se verwekking van God af was en sy was gewillig om te doen wat God van haar gevra het.

Selfs onder sulke omstandighede het God spesiale troos vir Maria voorsien. Haar familielid Elisabet, wat al verby die ouderdom was om kinders te baar, was onverwags swanger. Gevolglik het beide vroue hul wonderwerke persoonlik en saam ervaar. Elisabet se swangerskap was 'n ongelooflike persoonlike voorsiening van die Here vir haarself én vir Maria. God het vir Maria 'n intieme vriendin gegee met wie sy haar vreugde, haar vrese en alles tussenin kon deel. God het sy verlossingsplan tot uitvoer gebring en terselfdertyd presies in Maria se behoeftes voorsien.

Maria se loflied is opgeteken in Lukas 1. Selfs al het sy nie geweet hoe die mense in haar gemeenskap sou reageer wanneer hulle van haar swangerskap te hore kom nie, het sy geweet dat God weet wat Hy besig was om te doen. Sy sou die moeder van die langverwagte Christus, die Messias, die Een wat sy mense van hulle sonde sou red, word. Die geskenk wat God haar sou gee, sou baie beter as enige skande wat sy van haar gemeenskap kon ervaar, wees.

Maria se loflied is 'n uitdrukking van haar geloof in die soewereine outoriteit en goedheid van God. Haar geloof moedig ons aan om God, ongeag ons omstandighede, te loof, omdat sy wil en doel baie beter is as enige iets wat ons ons kan indink.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van Lukas

In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans