Hy Sien, Hy Ken, Hy Gee Om — Die Evangelie van LukasVoorbeeld
Lees Lukas 3:1-4:13
SOAP Lukas 3:21-22
Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
Oordenking
Lukas begin sy verslag van Jesus se bediening met ‘n vertelling van Johannes se bediening en invloed. Johannes het getrou die waarheid verkondig, ongeag die gevolge. Hy het geglo dat Jesus die Christus is en Hom geëer.
Die gebeure met Jesus se doop is ‘n bewys van sy menslikheid en sy godheid. Jesus is nie gedoop, omdat Hy Hom moes bekeer nie, maar eerder om God se salwing op sy bediening te toon. Hy het goddelike salwing ontvang, omdat Hy die Seun van God is. Hierdie gebeurtenis het aan almal teenwoordig gewys wie Jesus is. Hy het deur sy doop sy gehoorsaamheid getoon deur Hom aan God te onderwerp en God was verheug oor Hom.
Kort daarna het Jesus weer sy godheid en menslikheid getoon toe Hy deur die duiwel versoek is. In plaas daarvan dat Hy sy mag gebruik het om in sy liggaamlike behoeftes te voorsien of sy outoriteit om God te toets, het Jesus Hom aan die Vader onderwerp.
Ofskoon Lukas se Evangelie aan ‘n man met die naam Teofilus geskryf is, het die dissipels en latere volgelinge van Jesus ook sy woorde gelees en is daardeur bemoedig. God het Jesus, wat self God was, vir sy bediening toegerus en voorberei en Hy sou die vroeë kerk ook vir die bediening toerus en voorberei.
Dieselfde God wat vir Johannes die woorde gegee het om die mense te leer en hulle te laat bekeer, het vir hulle die woorde gegee om ander te leer. Dieselfde God wat toegelaat het dat Johannes in die tronk gegooi word, sou saam met hulle in die gevangenis wees toe hulle vervolg is. Dieselfde God wat sy belofte nagekom het om ‘n Messias te stuur, sou sy belofte nakom om hulle nooit te verlaat nie. Dieselfde God wat verheug was oor Jesus, het hulle bediening bevestig en gelei. En dieselfde God wat in die woestyn aan versoeking onderwerp is, het hulle gehelp om versoeking te verduur terwyl hulle saam met Hom gewandel het.
Hy is dieselfde God. Die getroue God. Ons kan aan sy beloftes vashou en sy karakter vertrou, maak nie saak wat nie; Hy verander nooit.
Aangaande hierdie leesplan
In die Evangelie van Lukas vind ons 'n unieke beskrywing van Jesus se lewe. Lukas wys ons hoeveel Jesus sy mense raaksien, hulle ken en omgee vir hulle. Sluit by ons aan vir hierdie ses weke lange Bybelstudie wat ontwerp is om ons te help verstaan wie Jesus is, hoe Hy omgee vir sy mense en hoe dit lyk om Hom te volg.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans