Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 19 VAN 30

Gedurende die donkerste dae van my lewe, het ek 'n verslawing ontwikkel.

As gevolg van jare se onvrugbaarheid, was ek in die kloue van depressie vasgevang. Ek het reeds vyf babas hemel toe gestuur en dit was 'n tydperk van onophoudelike hartseer, verpletterde hoop en woeste emosies.

Die verslawing wat ek ontwikkel het, was aan die Woord van God. Gedurende daardie dae, wanneer die swart gat van depressie my naam geroep het, was die Bybel ook kort op die hakke van my siel. Reeds voordat my omstandighede verander het, het die helende krag in die Woord van God my diepgaande en meedoënlose depressie genees.

Amper drie dekades na daardie aaklige tydperk van depressie, wil ek vier maniere met jou deel hoe die Bybel jou lewe kan verander.

Die Bybel herinner ons dat ons God die vermoë het om elke omstandigheid in ons lewens tot ons beswil en tot sy hoogste eer te gebruik.

"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28).

Tweedens, die Bybel help jou om krag te ontwikkel wat jou in staat stel om sonde en versoeking te oorkom.

"Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!" (Psalm 119:9).

Die derde manier waarop die Bybel jou kan verander, is deur jou te help om die moeilike mense in jou lewe lief te hê!! God is nie verbaas oor die teenwoordigheid van ordelose mense in jou lewe nie. Hy mag hulle juis met opset daar geplaas het, omdat Hy wil hê hulle moet vir Jesus in jou sien!

"Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie" (1 Korintiërs 13:4).

As jy gewonder het waarom jy gebore is, kan die Bybel jou help om die doel vir jou die lewe te vind!

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" (Jeremia 29:11).

Om hierdie redes en nog duisende ander … moet jy 'n verslawing aan die Woord van God ontwikkel. Wanneer jy jou in sy Woord verheug, sal jy die mens word wat jy bestem was om te wees!

Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Maak 'n lys van die redes waarom jy elke dag jou Bybel behoort te lees.
Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com