Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Mevrou Dombrowski, 'n Australiese oorlogsbruid wat ook my onderwyseres in graad twee was, het daardie jaar die volgende in my rapport geskryf:
“Dit bowenal: wees getrou aan jouself,
En dit moet die nag volg soos die dag,
Dan sal jy teenoor niemand vals kan wees nie.”
— William Shakespeare
Ek het nie in graad twee mev. Dombrowski se gekose Shakespeare-aanhaling verstaan nie, maar toe ek in die hoërskool kom, het ek begin verstaan wat my geliefde onderwyseres, wat my lewenslank beïnvloed het, aan my probeer sê …
"Bepaal wie jy is … en waarom jy hier is …
Werk dan uit wat jy glo en waarvoor jy staan!
Moenie net een van die skare wees nie …
Moenie toegee net om ander tevrede te stel nie."
Ek glo dat die briljante Australiese oorlogsbruid aan 'n grootoog dogter, vatbaar vir indrukke, verklaar het:
"Carol … jy is geskape om meer as gemiddeld te wees … jy is vir bogemiddeld geskape. Jy is geskape om 'n persoon van deug en karakter te wees."
Dalk sou jy my toelaat om die onontkombare uitdagings van mevrou Dombrowski op jou te rig …
Hoekom is jy hier?
Moenie met middelmatigheid jou lewe te na kom nie. Enige gemiddelde mens kan in 'n groef beland en tevrede wees, bloot met hoe dinge nou is.
Jy is nie gemiddeld geskape nie … jy is vir die buitengewone geskape!
Neem vir iets edels standpunt in! Laat jou stem 'n dawerende stem van uitnemende waardes, onwrikbare integriteit en hartstogtelike vriendelikheid wees.
Ontdek waarom jy gebore is en spring dan weg met elke greintjie kreatiwiteit en passie in jou siel!
"Wanneer God 'n groot werk in die wêreld gedoen wil hê of dat 'n groot onreg reggestel moet word, doen Hy dit op 'n baie ongewone manier. Hy stuur nie sy aardbewings of weerligstrale uit nie. In plaas daarvan laat Hy 'n hulpelose baba gebore word, miskien in 'n eenvoudige huis en deur een of ander nederige moeder. En dan plaas God die idee in die moeder se hart wat dit op haar beurt in die denke van die baba oordra. Dan wag God. Die grootste kragte in die wêreld is nie die aardbewings en die weerligstrale nie. Die grootste kragte in die wêreld is babas.” (E. T. Sullivan)
God het op jou gewag om die krag te word waarvoor jy geskape is!
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Waarom is jy hier?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com