Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 24 VAN 30

"Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word" — Lukas 18:1.

Ek smag daarna om 'n gebedskryger te wees. Ek wil in daardie invloedryke plek van opregte kommunikasie en soete gemeenskap met God leef.

Gebed is die krag wat veroorsaak dat die hel van vrees bewe en die hemel op sy voete staan in vreugdevolle applous.

Niks wat ewigdurend is, word op aarde bereik sonder die krag en fokus van 'n heilige wat aan die dissipline van gebed toegewyd is nie.

Gebed is die medium waardeur die grootste werk van my lewe gedoen gaan word.

"Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees" (Markus 11:24).

Ek smag daarna dat my gebede berge sal verskuif, storms laat bedaar en siek mense genees. Ek smag dag na eindelose dag daarna.

En tog ... dag na dag ... al wat ek sien is die een bergreeks na die ander. En bo-op elkeen van my berge broei daar altyd 'n fel en uittartende storm.

"Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus" (Filippense 4:6-7).

Ek sê jou egter ... Ek weier om moed te verloor. Ek weier om verlam of magteloos te raak oor wat ek met my oë sien. Ek sal bid wanneer ander moed verloor. Ek sal bid ten spyte van stilte uit die hemel.

Ek sal bid wanneer storms smalend woed en berge spot.

"Bid sonder ophou" (1 Tessalonisense 5:17 AFR53).

Ek weier beslis om te glo dat gebed 'n mors van tyd is. Ek is vasbeslote om aan te hou bid wanneer niks verander nie.

Ek sal in die donkerste nag bid wanneer die hoë berge my baie klein en waardeloos laat voel.

Ek sal bid wanneer die loeiende lewensstorms dreig om die inhoud van my eensame en desperate gebed te verdrink.

Ek sal bid in die aangesig van siekte en pyn. Ek sal God smeek om met sy soete teenwoordigheid te genees en te herstel.

Ek sal bid!

Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat is die beste antwoord wat jy al op gebed ontvang het?
Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com