Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Dit is die klein dingetjies wat die lewe die moeite werd maak, nie waar nie?!
Ek het so dikwels in my lewe die fout gemaak om net vir die groot oomblikke te leef … vir die rooiletterdae van bevorderings, bonusse en feesvieringe. In werklikheid, is daardie groot geleenthede glad nie waaroor die lewe gaan nie.
Maar, omdat die werklike dinge van die lewe so naby en so kosbaar is soos die oggendlied van 'n voëltjie by my kombuisvenster … die geselskap van my dogter wat soggens saam met my gaan draf … en die waarde daarvan om 'n lieflike oordenkingsboek te lees ... vind ek dat my lewe 'n ryke voorraad van alles het wat goed en waardevol is.
"Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: 'Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie'" (Hebreërs 13:5).
Paulus herinner almal van ons … in elke geslag … om te leer van die tevredenheid wat geput word, nie uit ons prestasies nie, maar deur te behoort. Tevredenheid is 'n aangeleerde gedrag en nie 'n natuurlike lewensreaksie nie. Tevredenheid vereis keuses … om te luister … te verwerk … en om onsself te onderwerp aan die wonderwerk van 'n doodgewone dag.
"Ek sê dit nie omdat ek te min het nie. Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het" (Filippense 4:11 ABA)
Dalk is die kern van alles wat betekenisvol en buitengewoon is, juis om te leef in 'n doodgewone dag met geen buitengewone gebeurtenisse nie.
Die heerlikheid van die lewe vind ons eenvoudig in die doodgewone oomblikke. Die skat van 'n vol lewe word daarin gevind om te gee, nie te ontvang nie. Die inhoud van alles wat goed en ryk aan betekenis is, word gevind in 'n duisend eenvoudige geskenkies wat ons maklik miskyk as ons nie versigtig is nie.
Geniet liewers die reënboog … eerder as om te soek na die pot goud aan die einde van die reënboog.
Geniet eerder jou baba se klein armpies om jou nek vir nog een dag … as wat jy uitsien na jou baba se eerste treetjie.
Wees eerder tevrede met die geselskap van die mense vir wie jy die meeste liefhet en die beste ken … as om klem te plaas op die belangrikheid van 'n prestasiegebaseerde leefstyl.
Dis hierdie dinge wat werklik in die lewe saak maak!
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat beteken die woord "tevredenheid" vir jou?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com