Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Het jy al ooit gewonder hoekom God moeilike mense in jou lewe toelaat?
Moeilike, frustrerende mense bars my vreedsame wêreld binne en ontwrig my bestendigheid met hulle onbestendigheid!
Hoekom kan ek nie net vir Pollyanna, Kersvader en Moeder Teresa tydens my lewensreis ontmoet nie? Hoekom voel dit of my lewe gevul is met die Grinch, Barney Fife en 'n lelike stiefsuster of twee?!
Dikwels plaas God moeilike mense in my lewe, nie om die slegste nie … maar om die beste in my na vore te bring!
Die rede waarom die Here toelaat dat ons lewens met moeilike mense paaie kruis, is miskien nie om "selfsug" nie … maar om Jesus in ons na vore te bring.
God daag ons uit om die onbeminde lief te hê … om om te gee vir iemand wat my in die oog spoeg … en om goed te praat van iemand wat my reputasie geruïneer het met hulle geskinder. God het my lief selfs wanneer ek op my slegste is — en Hy roep my in elke omstandigheid en met elke verhouding — om soos Hy te wees.
"Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as 'n offergawe gegee het, ja, 'n offer wat vir God aanneemlik was" (Efesiërs 5:1-2).
Wanneer jy in liefde wandel en kies om vriendelik teenoor ander te wees, eerder as om in 'n emosionele woedebui uit te vaar, sê jy eintlik: "Ek sal optree soos my Pa! Ek het die familiegene wat my in staat stel om moeilike mense lief te hê!"
Wanneer ons met opregte liefde op ander se swak gedrag reageer, kry ek die gevoel dat God, die Vader, van die hemel af vir ons glimlag en trots verklaar: "Kyk na my pragtige kind! Sy tree op nes Ek!"
"Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg" (Matteus 5:44).
God het sy seun, Jesus, na die wêreld gestuur, omdat ons die moeilike mense was wat vergifnis en liefde nodig gehad het. Moenie toelaat dat moeilike mense jou emosionele bootjie skommel om jou vrede en vreugde te steel nie. Laat mense eerder toe om die familie-ooreenkoms in jou na vore te bring … want buitendien … jy lyk nes jou Pa!
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Maak 'n lys van al die moeilike mense in jou lewe. Bid nou vir hulle en vra God om jou te help om daardie mense lief te hê soos Hy hulle liefhet!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com