Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Dawid die aanbidder … die man na God se hart … het gedeel in my onvermoë om die dinge wat die lewe na my kant toe gooi, goed te kan hanteer.
"Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed. Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U. Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees. U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand. Laat my by U 'n blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels" (Psalm 61: 2-5).
Alhoewel ek nie weet watter spesifieke dinge jou oorweldig nie, kan ek jou verseker dat die antwoord vir ons albei dieselfde is.
"Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed."
Wanneer jy oorweldig voel, kyk na Dawid: die eerste ding wat jy moet doen is om na God uit te roep. Deur na my God van oneindige genade te gaan, wat in liefde so noulettend in al sy weë is, herinner my dat ek nie in beheer is nie.
"Ver uit die vreemde uit, in wanhoop, roep ek na U."
Dit is geen sonde om na God uit te roep wanneer jy totaal en al oorweldig is nie.
Die sonde sou eerder wees om jou na ander, minder bevredigende opsies te wend. Daardie dinge is bedrieglike afleidings wat dieselfde genesende krag besit as 'n miserabele ou "Band-Aid" pleistertjie wat op 'n wond na 'n opehartoperasie geplak word.
"Bring my op 'n rots waar ek veilig sal wees."
Ons het almal God se leiding nodig. Die voordeel om op 'n Rots "groter as ekself" te staan, is dat dit my bo my omstandighede uitlig en daarom kan ek vanuit 'n hemelse perspektief sien.
"U is vir my 'n toevlug, 'n sterk vesting buite bereik van die vyand."
Wanneer jy oorweldig voel, begin verklaar wie God is. Neem jou oë weg van jou omstandighede en vestig jou denke, mond en blik op die enigste Een wat in staat is om jou te help!
"Laat my by U 'n blywende tuiste vind."
Daar is geen veiliger plek om te wees as om in Hom en by Hom te bly nie. Die lewe wat Hy gee, is die lewe waarvoor ek geskape is!
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Watter voordeel hou dit vir jou lewe in om op God te fokus eerder as op die probleem?

Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com