Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 29 VAN 30

Josua en Kaleb. Leiers. Krygers. Gehoorsames. Berg-verskuiwende manne.

Wie was hierdie antieke mans genaamd, Josua en Kaleb?

Josua en sy vriend, Kaleb, is saam met tien ander manne gestuur om die beloofde land te gaan verken. Moses, hulle staatsman en leier, het hierdie twaalf dapper mans aangesê om te rapporteer oor alles wat hulle daar gesien het. Moses wou presies weet wat en wie in die land woon wat deur God aan sy volk toegeken is.

Terwyl die tien manne wat Josua en Kaleb vergesel het, slegs die reuse en die onbegonne take in die land raakgesien het … het Josua en Kaleb die onmeetbare grootte van hulle God en die ewige krag van sy mag gesien!

"Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: 'Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.'

Maar die manne wat saam met hom gegaan het, het gesê: 'Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons.'

Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê: 'Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot … Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in hulle oë'" (Numeri 13:30-33).

Die tien manne wat deur sig en nie geloof gewandel het nie, het slegs hulle eie persoonlike swakhede en tekortkominge gesien.

Hierdie enorme mense wat Josua en Kaleb gesien het, was egter nie vir hulle intimiderend gewees nie. Hulle was meer gefokus op God en was in verwondering oor die Een wat hulle gekies het om te dien.

Soos ons nuwe gebiede vir die koninkryk van God inneem, het ons elkeen 'n keuse. Gaan ons deur sig of deur geloof wandel?

Sal die reuse in die vyand se gebied ons siening bepaal oor wie gaan wen? Die vuursteen-tipe blik waarmee ons na die krag van God kyk, moet ons manmoedigheid en vaste geloof bepaal.

Josua het geweet dat die reuse van daardie land 'n maklike prooi vir God se volk sal wees. Josua het verklaar, ten aanskoue van onmoontlike kanse:

"Die Here is by ons. Moenie vir hulle bang wees nie!" (Numeri 14:9b).

Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat beteken dit om deur geloof en nie deur sig te lewe nie?
Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com