Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 22 VAN 30

Wat doen jy wanneer jy by 'n "wagperiode" kom?

"Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik" (Jesaja 40:28).

Ek wonder of om te wag, eerder 'n plek van krag is en nie 'n plek van swakheid, soos my aanvanklike siening was nie.

Die dae wat ek in 'n wagperiode is, is die tye wat ek hoofsaaklik op my knieë deurbring.

Die dae wat ek in 'n wagperiode is, bring ek meer tyd in die Woord deur. Die Woord vertroos my moeë hart terwyl ek wag.

Die dae wat ek in 'n wagperiode is, bring ek meer tyd in aanbidding deur. Aanbidding rig my oë op wie Hy is!

Wanneer ek in 'n wagperiode is, ontdek ek dat ek nie alleen is nie. Hy is saam met my terwyl ek wag. Daar is niemand saam met wie ek eerder in 'n wagperiode wil wees as met Hom nie.

Ek ondervind dit as 'n baie kragtiger keuse om net saam met Hom in 'n wagperiode te wees, eerder as om te wag vir sy hand om te beweeg.

Dit is wanneer ek wag dat ek 'n krag ontdek wat ek nog nooit voorheen gehad het nie. Dit is onmoontlik om te wag en swak te bly as 'n mens saam met Hom in 'n wagperiode is.

“Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie” (Jesaja 40:29).

Om te wag is nie vir lafaards en lamsakke nie. Aan die ander kant … miskien IS 'n wagperiode juis vir lafaards bedoel. Miskien is dit gedurende die wagperiode dat lafaards, vegters word.

Dit is saam met Wie jy wag, wat die verskil maak.

Dit is ook … om saam met Hom te wag …. dat ek 'n vasberadenheid ontdek wat ek nog nooit tevore gehad het nie.

Dit is ook … om saam met Hom te wag … wanneer visie verfyn word en begeertes gereinig word.

“Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val ...” (Jesaja 40:30).

Ek dink dat ek net wag … net rondstaan terwyl die lewe aangaan ... maar Hy sien die wagperiode as die smeltkroes van die lewe. God het my vir die wagperiode gemaak en vir die werk wat dit in my tot stand bring.
Die wagperiode. Hy en ek. Ek en Hy. Dis my gunstelingplek.

Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Waarvoor wag jy nou? Hoe "goed" kan jy wag?
Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com