Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 21 VAN 30

Is daar êrens iemand wat ook vandag klippe kou?

Jy mag voel asof jy alle moed verloor het ... die einde van jou kragte bereik het ... aan die einde van jou vreugde gekom het.

Miskien sal God se woorde aan Moses van byna 3 500 jaar gelede, vandag in jou hart weerklank vind:

“Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na 'n goeie en uitgestrekte land, 'n land wat oorloop van melk en heuning" (Eksodus 3:7-8).

Moenie vir 'n oomblik aanneem dat God jou lewe ignoreer of onbewus is van jou persoonlike pyn nie. God het dit sekerlik gesien! Hy is nie blind nie en ook nie onbewus daarvan nie. Hy kyk aandagtig na jou lewe en laat jou nie alleen voortploeter nie.

God het jou gebed gehoor en hulp is op pad! God ignoreer nooit die gebed van sy kinders nie. 'n Vurige gebed wat gehuil ... of gefluister ... of geskree ... of geuiter ... of selfs gedink word ... deur 'n desperate kind, kry die Vader se aandag. Hy slaan ag op jou noodkrete!

God het jou lyding ter harte geneem. Hy ken elke besonderheid van elke teleurstelling, van elke pynvolle dag en van elke lang, eensame nag. Daar is niks wat jy vir Hom kan vertel wat vir Hom "vars" nuus is nie. Hoe wonderlik is dit om 'n God te dien wat menslike pyn verstaan! Hy is daarvan bewus!

Hy het afgekom om jou te bevry! God raak betrokke by die warboel van ons lewens, Hy rol sy moue op en spring aan die werk.

Die God van Moses is ook JOU God! Wat van 'n ontmoeting met God in die wildernis van 'n Goddelike afspraak om na sy stem te luister? Ek vermoed dat EK IS dieselfde vir jou sal sê as wat Hy vir Moses gesê het ...

Ek het duidelik gesien!

Ek het jou noodkrete gehoor!

Ek het jou lyding ter harte geneem!

Ek het afgekom om jou te bevry!

Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat is die moeilikste ervaring wat jy al ooit in jou lewe deurgegaan het? Hoe het jy gedurende hierdie tyd gesien hoe God se hand namens jou beweeg?
Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com