Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Was daar ooit 'n oomblik dat jy gevra het: "Wat moet ek met die res van my lewe doen?"
Het jy al ooit gevra: "Wat sal ek doen met die tyd wat ek nog op die aarde oor het?"
Die lewe is nie bedoel om na binne geleef te word nie.
Die fundamentele doel van die lewe is om … ryk en voluit gelewe te word!
Die lewe is nog altyd bedoel om gevul te wees met ewige betekenis.
Wanneer die lewe gepas en voluit geleef word, is dit bedoel om te gee.
So het ek 'n paar eenvoudige, maar belangrike stellings gemaak.
Dit is hoe ek met vreugde sal leef:
Ek sal vir kinders glimlag en die onweerstaanbare gesiggies van babas soen.
Ek sal luister na die wysheid van diegene wat ouer as ek is en hul sieninge eer, omdat dit uit ervaring gebore is.
Ek sal elke dag lag … 'n drukkie aan my man gee … en my ma skakel.
Ek sal met ou vriende kontak behou … nuwe vriende maak … en probeer om bedankingsbriefies te stuur.
Ek sal Kersfees met eerbied en entoesiasme vier.
Ek sal danksegging as 'n leefstyl koester en nie as 'n blote vakansiedag nie.
Ek sal elke bietjie vreugde uit 'n gewone dag tap.
Ek het ook besluit dat ek my lewe met onberispelike eer en beginselvaste sedes sal lei. Dit is wat ek besluit:
Ek sal vinnig vergewe en my woede met sonsondergang laat vaar.
Ek sal vrede in verhoudings en verwarrende omstandighede bring.
Ek kies om meer te gee as wat ek ontvang en om 'n lewe op vrygewigheid te bou, nie op materiële gewin nie.
Ek sal my weerhou van skinder en deelname aan negatiewe gesprekke.
Maar die grootste bepalende faktor in my lewe was en sal altyd wees om my lewe ter wille van die evangelie te gee.
Ek sal leef om die hel kleiner te maak en die hemel groter.
Ek sal tyd in die Woord van God deurbring en vir God om openbaringe vra.
Ek sal my lewe aan gebed wy.
Ek sal toelaat dat God my lewe gebruik as 'n bewaarplek vir sy eer en goedheid.
Ek sal aanbid wanneer die wêreld om my in duie stort.
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Skryf 'n bedankingsbriefie aan iemand wat vreugde in jou lewe gebring het.

Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com