Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer en gesê: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word. Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang. Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word. Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien. Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. “Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Lees MATTEUS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 5:1-16
6 Days
If Jesus were on board with every idea His followers have staked His claim in, then He’d be one incredibly confused Son of God, always at odds with Himself and overly busy leading the charge for both sides of every debate. Thankfully, Jesus speaks for Himself. You can read His words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Things Jesus Never Said.
9 Dae
Sommige van die Bybel se mees onvergeetlike oomblikke gebeur op berge, van die eerste tuin wat God geplant het tot Jesus se beroemde Bergprediking. In hierdie leesplan sal ons sien hoe berge in die Bybel nie net geografiese plekke is nie, maar ook heilige plekke waar die Hemel en aarde oorvleuel en die mensdom die wysheid, lewe en hoop van God ontmoet.
14 Days
Is Jesus really the Lord he claimed to be? In this thought-provoking two-week devotional, featuring insights from the modern classic More Than a Carpenter, you’ll read key arguments for faith from a skeptic turned believer. Josh McDowell set out to disprove the claims of Jesus Christ. But the evidence he found suggested exactly the opposite. So weigh the facts. Experience God’s love. And then watch what happens.
21 Days
Start your new year with a focus on the spiritual discipline of fasting. This plan includes several passages about fasting and others that encourage reflection and closeness to God. For 21 days, you'll get a daily Bible reading, a brief devotional, reflection questions, and a prayer focus. For more content, check out www.finds.life.church.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's