Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Ek is bekend daarvoor dat ek, net soos Scarlett O'Hara, glo dat dit môre beter sal gaan. Ek staar dikwels verlangend na 'n fantasievoorstelling van die toekoms en droom dan verkeerdelik oor denkbeeldige dae wat beslis uitermate wonderliker sal wees as wat enige dag in die werklikheid ooit kan wees.
"Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie" (Spreuke 27:1).
Die eenvoudige waarheid is dit … vandag is die heel beste dag van my lewe. Daar is geen ryker of vollediger geskenk as die onverdiende gawe van die hede nie.
Ek het die keuse hoeveel prag ek uit vandag gaan haal. Gaan ek deur die ongewone oomblikke swoeg en met dowwe oë na alles kyk wat aan my gegee is? Of gaan ek die gewone wonderwerke aangryp wat hulle lieflike koppe in elkeen van my wakker oomblikke oplig?
As ek net op die verafgeleë moontlikhede van môre konsentreer, sal ek nooit deur die wonder van vandag betower word nie!
"Ek besing u lof en u roem gedurigdeur" (Psalm 71:8).
Miskien wil jy graag 'n paar minute daaraan afstaan om vandag sommige verklarings te maak wat die krag het om die prag en glorie van al die "nou" oomblikke in jou lewe te ontsluit:
Vandag gaan ek in besonder tyd afstaan om na ander te luister en nie slegs aan myself te dink nie.
Ek gaan die huidige tydperk in my lewe vier en nie verlang na ander dae of aktiwiteite as dié wat vandag aan my deur klop nie.
Vandag gaan ek my nie bekommer oor wat ek nie het nie, maar sal in dankbaarheid alles wat ek het, met die mense deel wat ek op my lewenspad ontmoet.
Vandag gaan ek sing en sonder spyt kliphard en dikwels "dankie" sê!
Vandag gaan ek vir kinders glimlag en bemoedigende woorde aan vreemdelinge sê.
Ek gaan myself in die vreugde van vandag tuismaak en so die vingerafdruk van God in elke oomblik vind. Ek sal luister na sy hartklop en na die lewenslied wat uit die hemel kom.
Ek sal myself aan die huidige verbind … en deur die gawe van vandag betower word!
"My tong sal nie stil word oor u trou nie, dag vir dag sal ek U loof" (Psalm 35:28).
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Watter drie vreugdevolle dinge kan jy kies om enige dag van jou lewe te doen?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com