Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 17 VAN 30

Wat ontroer jou? Wat vul jou hart met die eggo's van die ewigheid?

Vir my was dit nog altyd woorde en melodieë.

"God is te wys om verkeerd te wees
God is te goed om onvriendelik te wees
Wanneer jy dus nie verstaan nie,
Wanneer jy nie sy plan sien nie,
Wanneer jy nie sy hand kan opspoor nie,
Vertrou dan sy hart." (Babbie Mason)

Hierdie woorde het meer as net lirieke vir my geword ... dit het 'n vaste teologie geword. Hulle het 'n dinamiese en kragtige gebed geword.

"God is te wys om verkeerd te wees ..."

My siel rus in die versekering dat God nooit verkeerd is nie. Ek weet nooit beter as Hy nie. Sy wysheid weerspreek nooit sy Woord nie ... en daarin rus ek ... in daardie veilige hawe om op 'n alwyse God te vertrou.

God se wysheid verander nooit nie omdat God nooit verander nie. Sy denke en sy hart teenoor sy kinders van duisende jare gelede, is vandag nog steeds sy denke en hart teenoor sy kinders.

"God is te goed om onvriendelik te wees ..."

Ek ween wanneer ek daardie woorde lees. My hart word week voor soveel goedheid van die God wat ek liefhet en dien. Daar is geen onvriendelikheid in God nie. Elke dingetjie wat my lewe binnekom, word deur die wysheid, krag en goedheid van God gefiltreer.

God is ewig en oneindig goed. Daar is nie 'n enkele atoom of sel van wreedheid, onvriendelikheid of slegtheid in God nie.

God is oneindig en oorvloediglik goed.

Sy liefdevolheid is kragtig en sy vriendelikheid is wys.

"Wanneer jy dus nie verstaan nie, wanneer jy nie sy plan kan sien nie ..."

Hoeveel keer het DIT al in jou lewe gebeur?!

Jy verstaan nie wat God doen nie ... jy kan nie sy vingerafdruk in die alledaagse van jou dag sien nie ... jy hoor nie sy stem of sien ook nie sy handskrif teen die muur nie.
Jy roep uit om te verstaan, maar Hy swyg.

Jy eis 'n verduideliking uit die hemel se hart en kry niks nie.

Wat doen jy in daardie eensame oomblik? Is daar êrens waar jou pynlike siel vertroos kan word?

"Wanneer jy nie sy hand kan opspoor nie ... vertrou dan sy hart."

Jy vertrou sy hart.
Jy vertrou op sy wysheid en sy krag.
Jy vertrou op sy goedheid wat nooit onvriendelik is nie.
Jy vertrou dat Hy genoeg is om jou deur te dra.

Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Skryf 10 byvoeglike naamwoorde neer om God mee te beskryf.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com