Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Teleurstelling is daardie intuïtiewe gevoel om siek te wees oor wat mag gewees het … wat kon gewees het … wat moes gewees het.
"Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het" (Romeine 5:3-5).
Hoop stel nie teleur nie.
Sommige van die heiligste oomblikke in ons lewens, word gedurende tye van ongevraagde en onverdiende teleurstelling ervaar.
Wanneer dit voel of jou lewe in skerwe aan jou voete lê … ontmoet Hy jou daar.
Wanneer jy verkeerdelik glo dat jy net té veel nederlae gely het … is Hy daar. Hy moedig jou voortdurend aan.
"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28).
Ek glo dat Romeine 8:28 presies bedoel wat dit sê.
Ons dien 'n God wat so kragtig is, dat hy in staat is om die verminkte warboel van ons harte, in iets asemrowend pragtig te herstel.
Wanneer ons daarop konsentreer om Hom in eenvoud en hartstogtelik lief te hê … werk hy in ons lewens sodat elke teleurstelling wat ons teëkom, tot ons voordeel is.
Al is jou hart dalk leeg weens die pyn van verpletterde drome en die een ondergang na die ander, moet jy aanhou om te hoop.
Blaas hoog die vlam van liefde vir jou Verlosser.
In plaas daarvan om in deurdringende teleurstelling vasgeval te bly, weet dan, as gevolg van die krag en liefde van God, is daar niks aan hierdie kant van die hemel wat die vermoë het om jou teleur te stel nie.
Jy is vir ewig en onwrikbaar aangestel vir sy doeleindes en sy planne. Hierdie aanstelling vir jou lewe, troef teleurstellings in alle omstandighede.
"Ons jubel in ons beproewinge … in die wete dat … hoop nooit teleurstel nie."
Daardie woord "jubel" beteken "om met of sonder rede te roem."
In plaas daarvan om te ween en jouself in die dun kombersie van teleurstelling toe te vou, moet jy roem in jou teleurstelling!
Jy kan in teleurstelling roem, want God is nog op die troon van jou lewe. Hy is nog in beheer. Jy het nie van sy liefde ontkom nie. En … jy is nie teleurgesteld nie.
Hy hou jou vas. Hy hou jou vas.
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Hoe kan teleurstelling jou beste tyd wees?

Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com