Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
God is nog nie met jou klaar nie.
Dit is waar, want Hy is God en jy is sy geliefde kind.
As jy wonder of Hy jou vergeet het, is jy eintlik besig om sy liefde vir jou te bevraagteken en selfs te betwyfel.
Dalk kan jy jou met die baasspelerige Marta vereenselwig wat die behoefte gevoel het om Jesus daarmee te konfronteer of Hy nog enigsins van haar bewus was.
"Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: 'Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!'" (Lukas 10:40).
Watter "groot maaltyd" het veroorsaak dat jy baie bedrywig, verhinder en afgetrokke is?
Was jy so astrant … en verkeerd … om die Here daarvan te beskuldig dat Hy nie oor jou en jou lewe omgee nie?
Ek is elke liewe dag van my besige lewe daaraan skuldig! Terwyl ek my een "groot maaltyd" na die ander voorberei, haal ek my aardse griewe op my hemelse Heer uit.
Ek vergeet so dikwels van die vreugde om tyd in sy teenwoordigheid deur te bring. Ek het die feit misgekyk dat dissipels aan die voete van die Leermeester moet sit.
Maria, die toegewyde suster van Marta, het die beste deel gekies.
"maar net een ding is nodig, Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie" (Lukas 10:42).
Ek wil soos Maria kies, selfs wanneer die lewe my frustreer.
Ek wil die belangrikheid daarvan ontdek om by sy voete te sit wanneer my wêreld my roep om op te tree, voor te berei en resultate te lewer.
Slegs in God ontdek ons ons identiteit, ons betekenis, ons doel en ons waarde. Talm dus vandag … talm aan sy voete.
Bring tyd in sy liefdevolle teenwoordigheid deur, en terwyl jy dit doen … vergeet daarvan om vir Hom te sê wat Hy moet doen. Hy is in beheer. Hy sien … Hy weet … en Hy gee om.
Wanneer liefde teenoor baasspelerigheid te staan kom … wen liefde.
Wanneer vriendelikheid teenoor frustrasie te staan kom … wen vriendelikheid.
Jesus wag vir jou om dit te kies wat werklik in die lewe saak maak … tyd wat jy aan sy voete deurbring. Dit is tot jou voordeel!
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat beteken die frase: "Maria het die beste deel gekies"?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com