Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld

Joy For All Seasons

DAG 14 VAN 30

Hoop.

Waar kom dit vandaan? Kan hoop gekoop of verkoop word?

Kan jy hoop ruik? Blom dit slegs in die lente? Is daar 'n winkel wat hoop te koop aanbied … dalk 'n radiostasie wat dit uitsaai?

Ek het ontdek dat hoop waarskynlik die waardevolste en ontasbare ding is wat ek kan aangryp. As ek weier om te hoop … dan weier ek om te glo. Dan ignoreer ek 'n sambreel van geloof.

Die lewe is swaar. Geld raak op … ons liggame verraai ons gesondheid … mense is moeilik … dinge moet reggemaak word.

Is hoop dan 'n soort Pollyanna-houding wat die feite ignoreer? Ek was nooit een om wat ek sien of wat ek weet, te ignoreer nie. Dalk moet ek net daaroor kom.

Kan hoop en feite dan saam bestaan? Is hulle versoenbaar of onverenigbaar?

Wat ek wel weet … feite vertel nie my hele verhaal nie. Wat ek met my natuurlike oog sien, mag dalk misleidend wees. Wat ek nie met my oë kan sien nie, is dalk die werklike dinge in die lewe.

Dus gaan ek voort om te hoop. Wanneer my omstandighede dit uitskreeu en eise stel … kies ek die stille fluistering van hoop.

Wanneer my lewensfeite rommel en skud … kies ek die soete glimlag van hoop.

Ons almal oefen 'n keuse uit. Ons kies hoop of wanhoop. Hoop of moedeloosheid. Hoop of enigiets anders.

Ek weet nie watter omstandighede vandag op jou gil nie, maar as jy hoop kan kies, kies jy krag. Ook vreugde en doelgerigtheid.

Dalk is die feite waarvoor ons te staan kom, eintlik net die mistigheid en wolke wat ons uitsig op die waarheid van hoop belemmer. As die wolke van die menslike bestaan ooptrek, sal ons miskien besef dat hoop nie onkunde was nie, maar werklikheid wat meer waarheid as mistigheid bevat het. Dalk sal ons dan weet, wat ons nie nou weet nie, dat feite dit wat waar, eg en opreg is, verbloem het.

Ek moet myself ook dalk elke dag daaraan herinner dat hoop die fondament vorm van die lewe wat vir my bedoel is.

Daarom sal ek 'n vriendskap met hoop aangryp. Ek sal my denke vul met alles wat hoop verklaar en belowe. Ek sal met hoop praat en oor hoop dink. Ek sal hoop as die anker van my brose siel gebruik.

Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat is 'n geheim om in 'n plek van hoop te bly?
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Joy For All Seasons

Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com