Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Dikwels … voel dit of ek in 'n stryd met my lotsbestemming is.
In die oomblikke wanneer feite met geloof in 'n geveg gewikkel is vir oorheersing van my denke, keer ek altyd terug na die basiese beginsels.
Vir my is dit altyd hierdie ses beginsels waarop dit neerkom:
1 — Ek is geroepe om die hel kleiner te maak en die hemel groter.
2 — Ek het 'n opdrag om die vreugde van sy teenwoordigheid te bring aan diegene wat in die strik van swart depressie vasgevang word.
3 — Ek is gesalf om te bid vir vroue wat onvrugbaarheid moet hanteer.
4 — God het my toestemming gegee om my verslawing met ander te deel. Die verslawing wat ek ondersteun, is aan die Woord van God!
5 — God het my geroep om 'n weermag op die been te bring van hulle wat bereid is om te bid terwyl duiwels uit die hel losbreek … om te aanbid te midde van die woeste stryd … en om volgens die Bybelse beginsels te lewe.
6 — God het my belas om die volgende geslag jong vroue te leer hoe om goeie moeders te wees.
Kan jy jou lewe in 'n paar basiese beginsels saamvat?
Jy is doelbewus geskape … vir 'n doel … en met 'n doel.
Jy is nie 'n fout of 'n nommer nie. Ek trek dit terug … jy IS 'n nommer. Jy is een uit 'n miljoen.
Skryf jou doel neer. Net ses sinne sal voldoende wees.
As jy dit nie in ses eenvoudige sinne kan saamvat nie … gaan dan en wees net lief vir iemand.
Betaal iemand se koffie.
Lees 'n storie vir 'n kind.
Bel jou ma.
Bring blomme vir jou vrou.
Moenie jou "doel" moeiliker maak as wat dit eintlik is nie. Jy is hier om elke dag van jou lewe 'n verskil in iemand se lewe te maak.
Liefde verander 'n eenvoudige lewe in 'n meesterstuk.
Omgee verander op wonderbaarlike wyse 'n sinlose bestaan in 'n simfonie.
Wie het 'n helpende hand nodig?
Wie het 'n bemoedigende woord nodig?
Wie het 'n ruiker liefde nodig?
Jy sal ontdek dat gee … omgee … om lief te hê … en ander aan te vul … al is wat nodig is om 'n lewe te bou wat van vreugde oorloop.
Die wonder van die lewe word gevind wanneer 'n eenvoudige mens besluit om 'n vrygewige en oordadige gewer te wees.
Vreugdevolle Gedagtes om te Oordink: Het jy ses beginsels waarin jy jou lewe kan saamvat? Wat is jou ses dinge?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com