Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
Het jy vandag 'n pyn wat amper te veel is om te verduur?
Het jy jou lus verloor om te sing … te droom … te hoop … om vooruit te beweeg?
"Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here?
Vir altyd?
Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk?
Hoe lank moet ek nog my eie planne maak
en my dae met kommer deurbring?" (Psalm 13:2-3).
Daar sal altyd tye in die lewe wees wanneer die dae vaal is … wanneer die ure betekenisloos is … en wanneer die minute pynlik alledaags is.
Gedurende die oomblikke van knaende verveling en botsende weemoed, moet ek na 'n strategie gryp.
Die Psalmis herinner my aan wat hierdie strategie behoort te wees …
"Ek hou vas aan u troue liefde,
oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.
Ek wil sing tot eer van die Here,
omdat Hy aan my goed gedoen het" (Psalm 13:6).
Ek het vertrou!
Wanneer jy met jou lewe op moedverloor se vlakte is … probeer om te vertrou.
Wanneer jy in die put van wanhoop lewe … probeer om te vertrou.
Dit maak geensins saak hoe moeilik of teleurstellend jou lewe geword het nie, want die liefdevolle en vriendelike God het nie verander nie.
My hart sal jubel!
Praat met jou hart en sê: "Hart … dit is tyd om te jubel!"
Daar behoort geen teleurstelling te wees wat die lied in jou hart kan stilmaak nie.
Jou persoonlike lied is die helderste en sterkste wanneer dit vanuit die wanhoop van menslike bestaan gesing word. Glo my. Ek weet.
Ek sal sing!
Dit is nou tyd om jou mond vir die melodie oop te maak, sodat die hele wêreld dit kan hoor!
Sing wanneer jy nie daarvoor lus is nie.
Sing wanneer daar pyn in jou siel is.
Hou aan om te sing.
Hy het aan my in oorvloed gegee!
Watter vreugde is daar in hierdie verklaring! Ek dien 'n God wat aan my gee ver bo enige verdienste!
Ek sal sing en ek sal Hom eer!
So-ja, omstandighede!
Toe-nou, moedeloosheid!
Kan dit moontlik wees dat dit vreugde in sy hart bring … wanneer ek Hom kies?!
Kan dit moontlik wees … wanneer ek sing ondanks persoonlik pyn … dat Hy met my saamsing?!
Kan dit wees?!
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Wat is jou gunsteling lied om te sing wanneer jou wêreld in skerwe aan jou voete lê?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com