Vreugde In Alle TydperkeVoorbeeld
God dink al aan jou van voor die grondlegging van die wêreld af. Hy beplan al regdeur die geskiedenis om die rooi tapyt uit te rol vir jou lewe en vir alles wat jy sou word.
Daar was egter 'n probleem.
Sonde het jou van God geskei … maar God wou jou terughê.
Die Vader was bereid om enigiets te betaal om die onoorbrugbare gaping oor te steek en jou weer eens in sy arms vas te hou.
Hy het jou met bloed teruggekoop. Hy het die skuld in ryk, donkerrooi bloed betaal.
Die bloed het nie van 'n dier af gekom nie.
Die bloed wat as waarborg gedien het, het nie van 'n duif of ram gekom nie.
Die bloed wat God die Vader in die grootste ooreenkoms van alle ewigheid gebruik het, was van 'n Lam. Die enigste Lam. Die Offerlam.
God se Seun. Dit is genade.
Genade het jou nie net teruggekoop nie … maar genade het jou verlede verander!
"Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe" (Romeine 3:23-25).
WAT?!!
My sonde is uitgewis … dit is vir ewig weg. Daar is geen verdere skande nie. Geen verdere verlamming of skuld nie.
Daar is slegs genade. Alles is ongedaan gemaak!
"Voorheen het die sonde gedurig gekwel,
en dikwels my vreugde verteer;
Nou's alles vergeef en geheg aan sy kruis:
O my siel, loof die Heer, loof die Heer!"
Daar is egter 'n uitdaging tot genade. Die soort uitdaging tot genade wat jou 'n benoude knop op jou maag, bibberende knieë, hangende kop en droë mond gee …
Omdat ek genade ontvang het … moet ek ook genade gee.
As gevolg van Jesus … moet ek soos Jesus vir ander wees.
Ek moet die kloof van frustrasie, ongeduld en woede oorsteek … en na sondige en moeilike mense met genade uitbeweeg.
Ek moet vryelik … kwistig … oorvloediglik … algehele … genade gee.
Genade sal my die vermoë gee om dit te doen.
Die krag van genade verander my verlede … my hede … en my toekoms.
Die genadewerk in my reik na jou toe uit.
Vreugdevolle Gedagte om te Oordink: Hoe het Jesus genade bewys aan die vrou wat in owerspel betrap is?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Het jy al ooit gewonder: "Is dit moontlik om vreugde in alle tydperke van die lewe te ervaar?" Carol McLeod glo dat God geweldig baie vreugde tot jou beskikking het wat binne jou bereik is. In hierdie leesplan sal jy ontdek hoe om op God te vertrou wanneer die lewe nie regverdig is nie, hoe om die Skrif te oordink wat jou denke sal herskep en hoe om teleurstelling, te midde van onsekerheid, in 'n jubelende hart te verander.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.carolmcleodministries.com