21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld
Moenie Skande Toelaat Nie
Skande is 'n bedrieër wat jou herinner aan die slegte wat kan gebeur. God wil egter hê dat jy die beste lewe saam met Hom moet leef. Skande het geen plek in die lewe van 'n vrou wat in geloof lewe en wat haar waarde ken nie.
Laat ons nie uit 'n plek van skande leef of ons gesinne in skande lei nie. Moenie jou kinders en vriende beskaam nie, ook nie jou kollegas of mense wat die evangelie nodig het om hulle lewens te verander nie. Die Vader bring nie skande oor jou nie. Dis nie hoe Hy werk nie. Hy is nie die bron van skande nie, maar die antwoord daarop. Hy het sy Seun gestuur sodat ons vry kan wees van ons skande — ons vernedering, ons skuld en berou.
Jesus het die kruis verduur en skande geminag. Hy het nie skande verduur en die kruis geminag nie. Hy het nie die lewe verwerp waarvoor God Hom geroep het nie, maar Hy het skande verwerp. Ons kan dieselfde doen.
Daar was tye wat ek die kat aan die stert beet gehad het. Ek het skande verduur asof dit nodig was en die kruis verwerp wat myne was om te dra. Om soos Christus te wees moet jy nie vir skande terugdeins nie. Verwerp dit. Dit het geen plek in die lewe van mense wat volgelinge van Jesus is nie.
Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur. Daar is vreugde vir ons in die vooruitsig, elke dag, elke jaar, elke dekade. Laat ons in die volheid van God leef en die Goddelike vreugde ervaar wat vir ons voorberei is.
In Psalm 34:4-5 herinner die psalmdigter ons daaraan dat ons nooit teleurgesteld sal wees wanneer ons ons hoop in Jesus plaas nie. Ons sal uitblink en nie in skande gehul wees nie. Mag ons in elke tydperk op die Een vertrou wat sy lewe gegee het sodat ons kan floreer terwyl ons saam met Hom en vir Hom leef.
Aangaande hierdie leesplan
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.
More