21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 16 VAN 21

Leer

Soos ons ouer word, word ons onaangenaam verras deur hoe min ons van die lewe weet. Daar is nog so baie om te leer. Vir vroue is dit dikwels moeilik om hulle te vereenselwig met die grys areas in die lewe wanneer hulle omring word deur 'n klomp vroue wat lyk of hulle alles kan doen. Net soos jy het hulle ook bondels wasgoed, sukkel met onsekerhede en probeer hul passies najaag terwyl hulle die gesin en hul werk moet tevrede hou. Dis moeilik om te erken dat ons iets nie goed kan doen nie, maar terselfdertyd om te erken dat ons nie heeltemal nutteloos is nie. Ons is leerders. As 'n volwassene wil ons trots ons laat dink dat ons alles weet. Dis 'n leuen. Ons is lewenslange studente.

In plaas daarvan om op die rand van uiterstes in jou lewe te leef, stel ek voor dat jy 'n ander manier oorweeg. Ek stel voor ons aanvaar dat ons altyd leer — op ons reise deur ons dae, loopbane, passies, liefdeslewe en moederskap, met die Heilige Gees as ons helper.

Ons kritiseer onsself so maklik as die dieet nie werk nie, wanneer die besigheid soos 'n fout lyk, wanneer ons angstig of vol spanning is of as ons nie kan byhou met die behoeftes van ons gesin nie. Kom ons aanvaar eerder die tydperk waarin ons is terwyl ons poog om die drome in ons harte na te jaag. Dis wat tevredenheid is.

Die waarheid is dat jou eie lewe jou nie sal bedrieg nie. Jou lewe is mooi, waardevol, sowel as moeilik en deurmekaar. Dit sal jou baie lesse leer wat jou sal dwing om in Christus te bly. Jou siel vind baat daarby as jy die lesse uit jou eie lewe leer.

Ons word verander en word nuut deur middel van die manier waarop ons dink. Kom ons dink na oor die maniere en deugde van Jesus sodat hulle in ons lewe te voorskyn kan kom. Die wysheid wat nodig is om in hierdie tydperk te floreer, is in Jesus verborge.

Wanneer jy nie die aanslae van die lewe kan hanteer nie, onthou dat Hy by jou is, Hy sal jou lei en Hy het jou lief. Mag jy leer om in sy weë te wandel.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting