21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld

21 Ways To Thrive By 45

DAG 15 VAN 21

Bou Doelbewus aan Vriendskappe

Ons het beperkte vermoëns. Ons kan nie alles vir almal wees nie. Dis net nie moontlik nie. Ons het goeie, gesonde vriendskappe nodig. Ons is daarvoor geskep. In ons hegte vriendskappe word God se genade, liefde, vrede en krag vertoon. Ons eie geloof word versterk as ons iemand anders se lewe in Christus aanskou.

Hegte vriendskappe word nie oornag gekweek nie. Dit verg 'n doelbewuste poging, vergifnis, liefde en 'n geloof in wat God besig is om in die ander persoon se lewe te doen. Mettertyd groei vriendskappe in die slegte en goeie tye van 'n mens se lewe. Dis nie eensydig of selfsugtig nie. Dit is gewillig om die ander persoon sonder enige voorbehoud te dien. Vriende is nie op mekaar aangewese vir eiewaarde nie. Hulle erken die waarde wat in Christus gevind word. Hulle moedig die beste wat hulle kan wees in mekaar aan, en sal nooit mekaar se swakhede misbruik of bespot nie. Hulle praat goed van mekaar teenoor mekaar en in die teenwoordigheid van ander.

Die beste vriendskappe sal een of ander tyd voor 'n hindernis te staan kom. Wanneer daar onmin in vriendskappe is, ruim ons dit uit die weg of ons maak soos Kolossense 3:12 (NLV) ons opdrag gee: "Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld." Vriendskappe wat hierdie eienskappe het, kan moeilike tye deurleef.

Wanneer ons boesemvriende die moeilike tye in ons lewens aanskou, kan hulle Jesus se hande en voete word. Hulle teenwoordigheid herinner ons dat ons nie alleen is nie. Hulle verteenwoordig Jesus se hoop en waarheid en sy arms wat om ons vou wanneer ons gebroke is.

Daar word beweer ons word soos die vyf mense met wie ons die meeste tyd deurbring. As dit waar is, maak 'n wyse keuse. Integriteit, genade, eerlikheid en medelye is deugde wat van groot waarde is in elke deel van ons lewens.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

21 Ways To Thrive By 45

Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.

More

Baie dankie aan Tiffany Bluhm wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek Tiffanybluhm.com vir meer inligting