21 Maniere Om te Floreer Teen 45 JaarVoorbeeld
Beveg Onreg
Onreg is oral — om die hoek, in die buurdorp en regoor die wêreld. Nuusberigte lewer verslag van onreg wat ons harte breek. Ons wonder wat ons kan doen om 'n verskil te maak. Ons sien nie 'n manier hoe ons enkele pogings 'n verskil sal kan maak in sekshandel, die weeskind-krisis of haweloosheid nie, dus doen ons niks nie. Ons sê niks nie.
Desmond Tutu het gesê: "As jy neutraal staan in situasies van onreg, het jy die kant van die onderdrukker gekies." Dis waar. As volgelinge van Jesus het ons 'n plig, 'n eer, om 'n verskil te maak met ons liefde en ontferming. Ons stilswye is 'n keuse. Een wat ons nie kan bekostig nie. Wanneer ons onreg op aarde beveg, bevoordeel dit die koninkryk van God. God is nie die bron van onreg nie, maar die antwoord daarop. As beelddraers het ons 'n belangrike rol om te speel.
Wanneer jy oorweldig word deur die las van die wêreld se gebrokenheid, doen vir een persoon wat jy wens jy vir almal kan doen. Jy kan liefhê, dien en die pad saam met iemand stap tot waar hulle volheid, vryheid en genesing ontvang. Jy kan respek, hoop en geregtigheid aan een persoon gee. Indien daar 'n kwessie in 'n ander land is wat jou hart breek, laat jou ontferming jou aanspoor om iets te doen. Vind uit wie alreeds daar aan die werk is en word 'n vennoot. Jou pogings as een vrou sal 'n verskil maak en jy sal dan die plan wat God vir jou lewe het, kan uitleef.
Mag ons ons krag in Christus vind as ons standpunt inneem vir gelykheid, waardigheid en respek vir alle mense, ongeag hulle status, ras of ekonomiese posisie. Dis nie 'n drie-stap-proses wat op 'n Bybelvers kaartjie uiteengesit word en wat ons vir iemand in die hand stop nie. Dis om in die volheid van Christus te wandel, as kinders van God, en om ander uit te nooi om ook standpunt in te neem. Dís wat ware godsdiens is.
Aangaande hierdie leesplan
Dis meer as 'n ontgifting. Elke vrou kan doelbewuste stappe doen om die unieke beelddraer te wees wat God bedoel het sy moet wees. Elke dag van hierdie 21-dag leesplan bespreek ons emosionele probleme en kies nuwe gewoontes wat ons siele help floreer. Dit maak nie saak of jy 'n vrou in jou twintigs, dertigs of veertigs is nie, daar is 'n oorvloed van God se goedheid, begrip en genesing om in hierdie tydperk van jou lewe te floreer.
More